Edge Digital, Author at Keep It Constitutional

Die Handves van Regte – belangrike regte
Die Handves van Regte: 10 belangrike regte

Menseregte is ‘n belangrike deel van almal se lewens. Dit is regte wat jy en almal anders het, net omdat ons mens is. In Suid-Afrika beskerm die Grondwet die regte van almal in Suid-Afrika – die Handves van Regte, wat in Hoofstuk Twee van die Grondwet gevind word, bevat hierdie regte. Dit is belangrik om bewus te wees van die Handves van Regte omdat dit jou burgerlike, politieke en sosio-ekonomiese regte beskerm – dus al die regte wat jou daaglikse lewe sal beïnvloed.

Die Handves van Regte beskerm “alle mense in ons land”, dit beteken dat dit van toepassing is op almal in Suid-Afrika, selfs as hulle nie burgers is nie. Die Handves van Regte maak dit ook duidelik dat die staat (almal in die regering) ook na die Handves van Regte moet luister.

Die ding is … die Handves van Regte is lank! En hoewel almal op een of ander stadium die hele ding moet lees, kan dit ‘n bietjie moeilik wees om te verstaan. So om jou te help, het ons ‘n lys saamgestel van 10 belangrike regte wat jy van die Handves van Regte moet weet. Hierdie eenvoudige opsomming sal jou ‘n voorsprong gee om jou regte en die regte van ander te leer ken – “cool” nê?!

Hier is ‘n lys van 10 belangrike regte wat jy het en van bewus moet wees:

1) Gelykheid

Die reg op gelykheid is die heel eerste reg wat in die Handves van Regte gelys word. Artikel 9 van die Grondwet sê, “elkeen is gelyk voor die reg en het die reg op gelyke beskerming en voordeel van die reg.”

Ons Grondwet is ook regtig wonderlik omdat dit verklaar dat daar teen niemand gediskrimineer kan word weens hul “ras, geslagtelikheid, geslag, swangerskap, huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele georiënteerdheid, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, kultuur, taal en geboorte.” Dus, of jy wit of swart, hetroseksuel, homoseksueel of nie-geslags spesifiek, jonk of oud, Moslem, Christen, Hindoe, Agnosties of enige iets anders tussenin is, ons almal word gelyk gesien en ons almal het gelyke regte. Maar gelykheid in die Grondwet gaan selfs verder as dit! Dit erken dat weens die diskriminasie en onreg in die verlede, ons gemeenskap ongelyk is en dat ons samelewing dit moet regmaak. Dus, as daar teen ‘n persoon of groep in die verlede gediskrimineer is, kan die staat hulle anders behandel om te verseker dat ons ‘n meer gelyke gemeenskap het in die toekoms.

2) Menswaardigheid

Alle mense is eer en respek waardig. Onder die Handves van Regte het almal in Suid-Afrika die reg om hul waardigheid te respekteer en beskerm. Die reg tot menswaardigheid versterk en ondersteun baie van die ander regte in die Grondwet. Byvoorbeeld; dit sou moeilik wees vir enigiemand om ‘n waardige lewe te lewe sonder kos of water – dit wys hoe die reg op voedsel en water aan die reg op waardigheid gekoppel is.

3) Vryheid en sekuriteit van die persoon

Dit is ‘n baie wetlike manier om te sê dat almal die reg het om nie gearresteer te word sonder rede nie, en niemand kan gemartel of onmenslik behandel word nie. Dit beteken ook dat almal vry moet wees van alle vorme van geweld, ongeag waar hulle gaan.

As jy dink dat jou reg op vryheid op enige stadium aangetas word, kan jy aksie neem – vind uit hoe om die aksie te neem hier.

4) Vryheid van godsdiens

“Elkeen het die reg op vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening.” Dit beteken dat jy kan glo wat jy wil – en dit beteken ook dat jy die reg van ander moet respekteer om te glo wat en waarin hulle wil.

5) Vryheid van uitdrukking

Jou stem en jou mening maak saak. Die Handves van Regte erken dit. Onder hierdie reg het jy die reg om te sê wat jy wil, solank dit nie iets is wat die regte van ander mense ondermyn of onderdruk nie. Nog ‘n belangrike deel van hierdie reg is dat dit media vryheid beskerm. Dit is belangrik omdat dit beteken dat die pers en media nie onafhanklik is nie en ook nie deur die regering beheer word nie en die reg het om nuus te rapporteer op die manier wat vir hulle die beste klink.

6) Behuising

Almal wat in Suid-Afrika woon, het die reg op toegang tot behuising. Dit beteken dat jy die reg het om ‘n dak oor jou kop te hê en dit is die staat (Regering) se werk om seker te maak dat almal toegang het tot hul reg. Maar die reg erken ook dat die verskaffing van toegang tot behuising vir almal duur is, en dus, in plaas daarvan dat die staat dadelik behuising aan almal moet voorsien, vereis die Grondwet dat die staat meer en meer mense elke jaar behuising moet bied totdat almal toegang het tot hulle reg

Hierdie reg is ook belangrik omdat dit sê dat niemand jou kan uitsit of jou huis kan wegneem sonder dat die hof so sê nie.

As jy, of iemand wat jy ken, met uitsettings gedreig word, en jy dink dat die uitsetting onwettig is, is daar organisasies wat jou kan help. Vind meer uit hier.

7) Gesondheidsorg, kos, water, sosiale sekerheid

Baie duidelik uitgelê in Artikel 27 van die Grondwet is ‘n reeks regte rakende gesondheid. Jy het die reg op gesondheidsorg, wat reproduktiewe gesondheidsorg insluit, insluitende toegang tot voorbehoeding. Maar, soos die reg op toegang tot behuising, moet hierdie reg geleidelik gerealiseer word, in plaas van om onmiddellik gerealiseer te word. Dit beteken dat almal mettertyd toegang moet hê tot hul reg op gesondheidsorg, selfs al het hulle nog nie nou reg nie. Elkeen het egter die reg om onmiddellik noodhulpdiens te eis, en moet ‘n dokter kan sien of mediese noodhulp kry wanneer hulle dit nodig het. Onder hierdie reg het jy ook die reg op kos en water.

8) Kinders

Onder die Handves van Regte het kinders (enigiemand onder die ouderdom van 18) spesiale regte. Hierdie regte word uiteengesit in Artikel 28 van die Grondwet en beskou kinders se beste belange as baie, baie belangrik.

Die spesiale regte vir kinders sluit in:

Die reg op ‘n naam en nasionaliteit vanaf geboorte.

Die reg op ‘n ouerlike sorg, of op gepaste alternatiewe sorg wanneer die kind weggeneem word.

Die reg op basiese voeding, skuiling, basiese gesondheidsorg en maatskaplike dienste.

Die reg om teen mishandeling, verwaarlosing, misbruik of vernedering beskerm te word – hierdie is veral belangrik!

Die reg om teen uitbuitende arbeidspraktyke beskerm te word.

Die reg om nie verplig te word om werk te verrig of dienste te lewer wat “onvanpas is vir ‘n persoon van daardie kind se ouderdom, of ‘n risiko vir die kind se welsyn, opvoeding, liggaamlike of geestelike gesondheid of geestelike, morele of social ontwikkeling inhou.”

Die reg om nie aangehou (in die tronk gesplaas) te word nie, of nie te lank aangehou word nie. As ‘n kind aangehou word, het hulle die reg om afsonderlik van mense ouer as 18 aangehou te word.

“Om. in siviele verrigtinge wat die kind raak, deur die staat op staatskoste van ‘n regspraktisyn voorsien te word indien wesenlike onreg andersins sou geskied”

Die reg “om nie regstreeks in gewapende stryd gebruik te word nie, en om in tye van gewapende stryd beskerm te word.”

Onthou hierdie regte – hulle is baie belangrik en kan ‘n groot verskil in jou lewe maak as jy onder 18 is, en jy dink jou regte word nie gerespekteer nie.

9) Onderwys

“Elkeen het die reg op basiese ondewys, met inbegrip van basiese ondewys vir volwassenes; en op verdere onderwys wat die staat deur middel van redelike maatreëls in toenemede mate beskiskbaar en toeganklik moet maak” – Artikel 29 Suid-Afrikaanse Grondwet #genoeggesê

Onderwys is belangrik en ons het almal die reg om meer te leer sodat ons kan vooruitgaan in die lewe. As jy dink dat die fasiliteite by jou skool, of die opvoedingsvlak wat jy ontvang, substandaard is, is daar organisasies wat jou kan help om jou reg te eis.

10) Daar is 18 ander regte gelys in die Handves van Regte, wat jou kan help om ‘n waardige lewe te lei. Jy kan hier meer oor al hierdie regte lees.

As jy dink dat iemand jou regte oortree, kan jy hulle stop! Neem onmiddelik aksie.

The post Die Handves van Regte – belangrike regte appeared first on Keep It Constitutional.

Word deel van ons WhatsApp gemeenskap
Hou dit Grondwetlik is op WhatsApp! Wees eerste om te weet wanneer ‘n nuwe episode lewendige uitgesaai word en ontvang opdateering soos dit gebeur. Vra ons jou brandende vrae oor die Grondwet en ons sal jou antwoord elke Dinsdag of Donderdag tussen 16:00-16:30.

Om meer te leer oor die Grondwet was nog nooit makliker nie!

Kry die jongste opdateering in twee maklike stappe:

Stuur vir ons ‘n WhatsaApp boodskap of ‘n SMS met jou naam, van en die woord opdateering, en ons sal jou byvoeg tot ons WhatsApp gemeenskap.

Jy sal ‘n boodskap ontvang wat jou in kennis stel van wanneer nuwe episodes of inligting aanlyn beskikbaar is.

Stoor die Hou dit Grondwetlik nommer as ‘n kontak in jou adresboek.

Ons nommer is: +27 76 176 0831.

Dit is nodig sodat jy ons WhatApp boodskappe kan ontvang.

Stuur vir ons jou vrae:

Stuur vir ons al jou vrae via Facebook of WhatsApp, +27 76 176 0831 en ons sal jou touwys maak op alles raakende die Suid Afrikaanse Grondwet en jou regte.

Ons sal jou vrae beantwoord oor die Grondwet of jou regte elke Dinsdag tussen 16:00 – 16:30.

Indien jy vrae het oor die jongste episode, sal ons jou antwoord met verduideliking elke Donderdag tussen 16:00 – 16:30 stuur.

Onthou om ons WhatsApp boodskappe te ontvang, moet jy ons by jou kontaklys voeg.

Ons belofte aan jou:

Ons sal jou nooit gemors pos stuur nie

Jou inligting sal privaat bly en sal nooit uitgegee word aan enige derde partye nie.

Ons is opgewonde om met jou te gesels!

The post Word deel van ons WhatsApp gemeenskap appeared first on Keep It Constitutional.

Hoekom moet ons omgee oor die Grondwet?
Die Grondwet is die mees belangrikste en magtige dokument in Suid Afrika.

Die Suid-Afrikaanse Grondwet lys al die regte en verantwoordelikhede wat al die mense in Suid-Afrika het en op geregtig is. Dit is ‘n baie magtige dokument, want dit is die hoogste wet van die land en almal moet die wette volg. selfs die President, lede van die Parlement of jou ouers en onderwysers.

Dit is so kragtig dat dit daagliks jou, jou vriende, jou familie en almal anders in Suid-Afrika raak.

Hoekom moet jy omgee vir die Grondwet?

“Al die mense in Suid-Afrika” beteken almal in Suid-Afrika, van alle ouderdomme – nie net volwassenes nie. So, selfs as ‘n kind of ‘n tiener, het jy regte en mense moet daardie regte respekteer.

Trouens, almal onder die ouderdom van 18 het eintlik spesiale regte – regte wat volwassenes nie het nie. Dit is belangrik dat mense jou regte respekteer en jou met respek behandel. Daar word ook van jou verwag om ander en hul regte te respekteer en ‘n wetgehoorsame deel van die samelewing te wees (dit is waar die verantwoordelikheidsdeel inkom).

Om ‘n bietjie oor ons Grondwet te weet, beteken dat as jy dink jy word nie behoorlik behandel nie, of jy hou nie van die manier wat ‘n situasie jou laat voel nie, jy moontlik iets daaraan kan doen – en jy het die wet om jou te ondersteun.

Deur jou regte te ken, sal jy weet wanneer iemand dit breek of oortree. Dit is wanneer jy daaroor kan skree en geraas maak, en vir seker weet dat jou land jou ondersteun. En dis “cool”.

As jy dink dat jou regte nie gerespekteer word nie, is daar ‘n aantal dinge wat jy kan doen. Vind meer uit hoe om aksie te neem.

Wat jy moet weet

Jy moet weet hoe die Grondwet jou beskerm, en jou help om die dinge te hê wat jy nodig het om ‘n goeie lewe te lei. Dit kan beteken dat jy toegang tot onderwys het, of dieselfde as ander mense behandel word. Jy moet seker wees dat jy ander ook op die regte manier behandel (anders kan jy vinnig in die moeilikheid beland).

Die Grondwet is ‘n magtige dokument, en om ‘n bietjie van die Grondwet te weet, gee jou mag. Mag om beheer te neem oor hoe jy in die wêreld behandel word en hoe jy ander behandel. Begin nou om die Grondwet ‘n bietjie te verstaan – dit is ‘n belangrike stap vir elke tiener en jong volwassene om te neem.

So dit blyk dus dat die Grondwet ongelooflik is: Dit beskerm jou en kan jou selfvertroue gee, want as jy jou regte ken, kan jy hulle verdedig, en dit help om jou trots maak op wie jy is. Wonderlik!

The post Hoekom moet ons omgee oor die Grondwet? appeared first on Keep It Constitutional.

Die Suid-Afrikaanse Grondwet
Die Suid-Afrikaanse Grondwet

“Ons Grondwet is die belangrikste dokument in ons land. Dit gee ons regte en verantwoordelikhede waarop ons as burgers van Suid-Afrika geregtig is.” – Childlinesa.org.za.

Die Grondwet is die allerhoogste wet van die land. Dit beteken dat dit die “hoogste” wet is en alle ander wette in Suid-Afrika, en die optrede van die regering moet in lyn wees met wat in die Grondwet uiteengesit word. Die Grondwet verskaf nie net ‘n wetlike fondament nie, maar beskryf ook die regte wat almal in Suid-Afrika kan eis en definieer die struktuur van ons regering.

Die aanvaarding van Suid-Afrika se Grondwet in 1996 was ‘n baie belangrike deel van ons land se geskiedenis. Dit was een van die laaste hoofstukke in Suid-Afrika se stryd teen apartheid en kolonialisme en in die stryd vir demokrasie en was die begin van ‘n nuwe hoofstuk in ons land se verhaal.

Na die lang stryd vir vryheid en gelykheid het verteenwoordigers van alle rasse, van al die belangrikste politieke en bevrydingsorganisasies in die land, vergader om saam te werk om ons Grondwet te skryf. Dit het sowat twee en ‘n half jaar geneem om op te stel en is op 8 Mei 1996 voltooi.

President Nelson Mandela het die finale konsep van die Grondwet op 10 Desember 1996 as wet geteken.

Na ‘n lang reis is ons Grondwet uiteindelik voltooi. Dit word beskou as een van die beste voorbeelde van ‘n moderne grondwet in die wêreld. Dit is so “cool” nê?

Die Handves van Regte

Die Suid-Afrikaanse Grondwet sê baie dinge, alles gebaseer op die fundamentele waardes waarop Suid-Afrika gebou word – waardigheid, gelykheid en vryheid. Al hierdie dinge het ‘n impak op jou en ons land, maar daar is sekere dele wat baie belangrik is vir elke Suid-Afrikaner om te weet – insluitende jy! Een van die belangrikste dele van die Suid-Afrikaanse Grondwet is die Handves van Regte, wat in Hoofstuk Twee van die Grondwet gevind word.

Die Handves van Regte is ‘n lys van die basiese menseregte wat almal in Suid-Afrika het. In ‘n demokratiese land soos Suid-Afrika gee jou regte jou baie vryhede en beskerming wat jou in staat stel om regverdig en gelyk behandel te word, ongeag wie jy is. Kinders en tieners het selfs spesiale regte – regte wat deur alle ander mense in die land gerespekteer moet word.

The post Die Suid-Afrikaanse Grondwet appeared first on Keep It Constitutional.

Wat is ‘n Grondwet?
Wat is ‘n Grondwet?

As jy die frase ‘Wat is ‘n grondwet?’ Google, sal jy waarskynlik ‘n resultaat kry wat die volgende sê: “’n Grondwet is ‘n stel fundamentele beginsels of gevestigde presedente waarvolgens ‘n staat of ander organisasie beheer word.”

Uhhhh, dankie Wikipedia, maar wat beteken dit eintlik?

Basies is ‘n Grondwet ‘n lys van menseregte en riglyne wat in die hart van ‘n land sit en verduidelik hoe die interaksie tussen burgers van die land met hulle regering en met mekaar moet wees.

‘n Grondwet vertel ons van die land, en die regte wat in ‘n Grondwet ingesluit is, vertel ons dikwels oor die land se geskiedenis en stryde van die verlede.

Party mense sê dat ‘n Grondwet soos ‘n resep is vir ‘n suksesvolle nasie. Die reëls van die Grondwet is die bestanddele, en wanneer jy kook, word dit altyd aanbeveel dat jy die resep volg om die beste resultate te kry! Geen resep … wel, dis ‘n resep vir ‘n ramp.

Het alle lande ‘n grondwet?

Nie alle lande het ‘n geskrewe Grondwet nie, maar elke land sal ‘n stel beginsels hê wat die wette in daardie land ondersteun. Sommige lande, soos Suid-Afrika, het ‘n geskrewe Grondwet wat alle regte en riglyne van die land in een dokument bring, terwyl ander, soos die Verenigde Koninkryk en New Zealand, ‘ongeskrewe’ grondwette het wat beteken dat hulle lande se reëls in ‘n aantal dokumente gevind kan word en nie net een nie.

Suid-Afrika se Grondwet

Suid-Afrika se Grondwet is ongelooflik belangrik en baie spesiaal omdat dit nie net die einde van Apartheid en die begin van ons vrye en regverdige reënboognasie is nie, maar dit word ook beskou as een van die mees progressiewe Grondwette in die wêreld. Vind meer uit oor die Grondwet van Suid-Afrika deur hier te kliek.

The post Wat is ‘n Grondwet? appeared first on Keep It Constitutional.