The Constitution Archive - Keep It Constitutional

Aanhef
Ons, die mense van Suid-Afrika,

Erken die ongeregtighede van ons verlede;

Huldig diegene wat vir geregtigheid en vryheid in ons land gely het;

Respekteer diegene wat hul beywer het om ons land op te bou en te ontwikkel; en

Glo dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid.

Daarom neem ons, deur ons vryverkose verteenwoordigers, hierdie Grondwet aan as die hoogste reg van die Republiek ten einde –

Die verdeeldheid van die verlede te heel en ŉ samelewing gegrond op demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte te skep;

Die grondslag te lê vir ŉ demokratiese en oop samelewing waarin regering gegrondves is op die wil van die bevolking en elke burger gelyk deur die reg beskerm word;

Die lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal van elke mens te ontsluit; en

ŉ Verenigde en demokratiese Suid-Afrika te bou wat sy regmatige plek as ŉ soewereine staat in die gemeenskap van nasies kan inneem.

Mag God ons mense beskerm.

Nkosi Sikelel’ iAfrika. Morena boloka setjhaba sa heso.

God seën Suid-Afrika. God bless South Africa.

Mudzimu fhatutshedza Afurika. Hosi katekisa Afrika

The post Aanhef appeared first on Keep It Constitutional.

Hoofstuk 14: algemene bepalings
ALGEMENE BEPALINGS

Hoofstuk 14

Volkereg

Internasionale ooreenkomste

(1) Die onderhandeling en ondertekening van alle internasionale ooreenkomste is die verantwoordelikheid van die nasionale uitvoerende gesag.

(2) ŉ Internasionale ooreenkoms bind die Republiek slegs nadat dit in sowel die Nasionale Vergadering as die Nasionale Raad van Provinsies by besluit goedgekeur is, tensy dit ŉ ooreenkoms genoem in subartikel (3) is.

(3) ŉ Internasionale ooreenkoms van tegniese, administratiewe of uitvoerende aard, of ŉ ooreenkoms wat nie bekragtiging of toetrede vereis nie, en wat deur die nasionale uitvoerende gesag aangegaan is, bind die Republiek sonder goedkeuring deur die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies, maar moet binne ŉ redelike tyd in die Vergadering en die Raad ter tafel gelê word.

(4) ŉ Internasionale ooreenkoms verkry regskrag in die Republiek wanneer dit by nasionale wetgewing as wet verorden word; maar ŉ regstreeks uitvoerbare bepaling van ŉ ooreenkoms wat deur die Parlement goedgekeur is, verkry regskrag in die Republiek tensy die ooreenkoms met die Grondwet of ŉ Parlementswet onbestaanbaar is.

(5) Die Republiek word gebind deur internasionale ooreenkomste wat die Republiek by die inwerkingtreding van hierdie Grondwet gebind het.

Volkeregtelike gewoontereg

Volkeregtelike gewoontereg het regskrag in die Republiek tensy dit met die Grondwet of ŉ Parlementswet onbestaanbaar is.

Toepassing van volkereg

By die uitleg van wetgewing moet elke hof aan enige redelike uitleg van die wetgewing wat met die volkereg bestaanbaar is, voorkeur gee bo enige alternatiewe uitleg wat met die volkereg onbestaanbaar is.

Ander aangeleenthede

Handveste van Regte

Ten einde die kultuur van demokrasie deur die Grondwet ingestel, te versterk, kan die Parlement Handveste van Regte aanneem wat met die bepalings van die Grondwet bestaanbaar is.

Selfbeskikking

Die Suid-Afrikaanse bevolking as geheel se reg op selfbeskikking, soos in hierdie Grondwet vergestalt, belet nie, binne die raamwerk van dié reg, die erkenning nie van die konsep van die reg van enige gemeenskap wat ŉ gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel, op selfbeskikking binne ŉ territoriale entiteit in die Republiek of op enige ander wyse, soos deur nasionale wetgewing bepaal.

Befondsing vir politieke partye

Ten einde veelparty-demokrasie te bevorder, moet nasionale wetgewing voorsiening maak vir die befondsing op ŉ billike en proporsionele grondslag van politieke partye wat aan nasionale en provinsiale wetgewers meedoen.

Getroue nakoming van verpligtinge

Alle grondwetlike verpligtinge moet getrou en sonder versuim nagekom word.

Agentskap en delegering

‘n Uitvoerende staatsorgaan in enige regeringsfeer kan–

(a) enige bevoegdheid of funksie wat ingevolge wetgewing uitgeoefen of verrig moet word, aan enige ander uitvoerende staatsorgaan delegeer mits die delegering bestaanbaar is met die wetgewing ingevolge waarvan die bevoegdheid uitgeoefen of die funksie verrig word; of

(b) enige bevoegdheid of funksie vir enige ander uitvoerende staatsorgaan op ŉ agentskaps- of delegeringsgrondslag uitoefen of verrig.

Woordomskrywing

In die Grondwet, tensy uit die samehang anders blyk, beteken– “nasionale wetgewing” ook–

(a) ondergeskikte wetgewing ingevolge ŉ Parlementswet gemaak; en

(b) wetgewing wat van krag was toe die Grondwet in werking getree het en wat deur die nasionale regering geadministreer word; “provinsiale wetgewing” ook–

(a) ondergeskikte wetgewing ingevolge ŉ provinsiale Wet gemaak; en

(b) wetgewing wat van krag was toe die Grondwet in werking getree het en wat deur ŉ provinsiale regering geadministreer word; “staatsorgaan”–

(a) enige staatsdepartement of administrasie in die nasionale, provinsiale of plaaslike regeringsfeer; of

(b) enige ander funksionaris of instelling wat–

(i) ingevolge die Grondwet of ŉ provinsiale grondwet ŉ bevoegdheid uitoefen of ŉ funksie verrig; of

(ii) ingevolge wetgewing ŉ openbare bevoegdheid uitoefen of ŉ openbare funksie verrig; maar nie ook ŉ hof of ŉ regterlike beampte nie.

Teenstrydighede tussen verskillende tekste

In die geval van ŉ teenstrydigheid tussen verskillende tekste van die Grondwet gee die Engelse teks die deurslag.

Oorgangsreëlings

Bylae 6 is van toepassing op die oorgang na die nuwe grondwetlike bestel wat deur hierdie Grondwet ingestel word en op enige aangeleentheid wat met dié oorgang in verband staan.

Herroeping van wette

Die wette vermeld in Bylae 7 word herroep, behoudens artikel 243 en Bylae 6.

Kort titel en inwerkingtreding

(1) Hierdie Wet heet die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, en tree so gou as moontlik in werking op ŉ datum wat die President by proklamasie bepaal, wat nie ŉ datum later as 1 Julie 1997 mag wees nie.

(2) Die President kan verskillende datums wat voor die datum vermeld in subartikel (1) is, ten opsigte van verskillende bepalings van die Grondwet bepaal.

(3) Tensy uit die samehang anders blyk, word ŉ verwysing in ŉ bepaling van die Grondwet na ŉ tydstip waarop die Grondwet in werking getree het, uitgelê as ŉ verwysing na die tydstip waarop daardie bepaling in werking getree het.

(4) Indien daar ingevolge subartikel (2) ŉ verskillende datum ten opsigte van enige besondere bepaling van die Grondwet bepaal word, word enige ooreenstemmende bepaling van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1993 (Wet 200 van 1993), wat in die proklamasie vermeld word, met ingang van dieselfde datum herroep.

(5) Artikels 213, 214, 215, 216, 218, 226, 227, 228, 229 en 230 tree op 1 Januarie 1998 in werking, maar dit belet nie die verordening ingevolge hierdie Grondwet voor daardie datum van wetgewing wat in enige van hierdie bepalings beoog word nie. Tot daardie datum bly enige ooreenstemmende en verbandhoudende bepalings van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1993, van krag.

The post Hoofstuk 14: algemene bepalings appeared first on Keep It Constitutional.

Hoofstuk 13: finansies
FINANSIES

Hoofstuk 13

Algemene Finansiële Aangeleenthede

Nasionale Inkomstefonds

(1) Daar is ŉ Nasionale Inkomstefonds, waarin alle geld gestort word wat deur die nasionale regering ontvang word, behalwe geld wat redelikerwys deur ŉ Parlementswet uitgesluit word.

(2) Geld kan uit die Nasionale Inkomstefonds onttrek word slegs–

(a) ingevolge ŉ bewilliging deur ŉ Parlementswet; of

(b) as ŉ regstreekse las teen die Nasionale Inkomstefonds, wanneer in die Grondwet of ŉ Parlementswet daarvoor voorsiening gemaak word.

(3) ‘n Provinsie se billike deel van die inkomste wat nasionaal ingevorder word, is ŉ regstreekse las teen die Nasionale Inkomstefonds.

[Datum van inwerkingtreding van a. 213: 1 Januarie 1998.]

Billike dele en toekennings van inkomste

(1) ‘n Parlementswet moet voorsiening maak vir–

(a) die billike verdeling tussen die nasionale, die provinsiale en die plaaslike regeringsfeer van inkomste wat nasionaal ingevorder word;

(b) die bepaling van elke provinsie se billike deel van die provinsiale deel van daardie inkomste; en

(c) enige ander toekennings aan provinsies, plaaslike regering of munisipaliteite uit die nasionale regering se deel van daardie inkomste, en enige voorwaardes waarop daardie toekennings gedoen kan word.

(2) Die Wet genoem in subartikel (1) kan verorden word slegs nadat die provinsiale regerings, georganiseerde plaaslike regering en die Finansiële en Fiskale Kommissie geraadpleeg is en enige aanbevelings van die Kommissie oorweeg is, en moet die volgende in aanmerking neem–

(a) Die nasionale belang;

(b) enige voorsiening wat ten opsigte van die nasionale skuld en ander nasionale verpligtings gemaak moet word;

(c) die behoeftes en belange van die nasionale regering, wat volgens objektiewe maatstawwe bepaal word;

(d) die behoefte om te verseker dat die provinsies en munisipaliteite in staat is om basiese dienste te verskaf en die funksies te verrig wat aan hulle toegewys word;

(e) die fiskale vermoë en doeltreffendheid van die provinsies en munisipaliteite;

(f) ontwikkelings- en ander behoeftes van provinsies, plaaslike regering en munisipaliteite;

(g) ekonomiese ongelykhede binne en tussen die provinsies;

(h) verpligtings van die provinsies en munisipaliteite ingevolge nasionale wetgewing;

(i) die wenslikheid van bestendige en voorspelbare toekennings van inkomstedele; en

(j) die behoefte aan buigsaamheid in die hantering van noodgevalle of ander tydelike behoeftes, en ander faktore wat op soortgelyke objektiewe maatstawwe gebaseer is.

[Datum van inwerkingtreding van a. 214: 1 Januarie 1998.]

Nasionale, provinsiale en munisipale begrotings

(1) Nasionale, provinsiale en munisipale begrotings en begrotingsprosesse moet deursigtigheid, verantwoordingspligtigheid en die doeltreffende finansiële bestuur van die ekonomie, skuld en die openbare sektor bevorder.

(2) Nasionale wetgewing moet voorskryf–

(a) wat die formaat van nasionale, provinsiale en munisipale begrotings moet wees;

(b) wanneer nasionale en provinsiale begrotings ter tafel gelê moet word; en

(c) dat begrotings in elke regeringsfeer die bronne van inkomste en die wyse waarop voorgestelde uitgawes aan nasionale wetgewing sal voldoen, moet aantoon.

(3) Begrotings in elke regeringsfeer moet–

(a) ramings van inkomste en uitgawes bevat waarin tussen kapitaaluitgawes en bedryfsuitgawes onderskei word;

(b) voorstelle bevat vir die finansiering van enige verwagte tekort vir die tydperk waarop die begrotings van toepassing is; en

(c) ŉ aanduiding bevat van voornemens wat betref lenings en ander vorms van openbare aanspreeklikheid wat in die daaropvolgende jaar die staatskuld sal verhoog.

[Datum van inwerkingtreding van a. 215: 1 Januarie 1998.]

Tesouriebeheer

(1) Nasionale wetgewing moet ŉ nasionale tesourie instel en maatreëls voorskryf ten einde sowel deursigtigheid as beheer oor uitgawe in elke regeringsfeer te verseker deur die invoering van–

(a) algemeen erkende rekeningkundige praktyk;

(b) eenvormige uitgaweklassifikasies; en

(c) eenvormige tesourienorme en -standaarde.

(2) Die nasionale tesourie moet nakoming van die maatreëls ingestel ingevolge subartikel (1) afdwing, en kan die oordrag van fondse aan ŉ staatsorgaan staak indien daardie staatsorgaan ŉ ernstige of volgehoue wesenlike oortreding van daardie maatreëls begaan.

[Sub-a. (2) vervang by a. 5(a) van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(3) ‘n Besluit om die oordrag van fondse te staak wat aan ŉ provinsie ingevolge artikel 214(1)(b) verskuldig is, mag slegs geneem word in die omstandighede in subartikel

(2) genoem, en–

(a) mag nie die oordrag van fondse vir langer as 120 dae staak nie; en

(b) kan onmiddellik afgedwing word, maar sal terugwerkend verval tensy die Parlement dit goedkeur ooreenkomstig ŉ proses wat wesenlik dieselfde is as dié ingevolge artikel 76(1) ingestel en deur die gesamentlike reëls en orders van die Parlement voorgeskryf. Hierdie proses moet binne 30 dae vanaf die nasionale tesourie se besluit afgehandel word.

[Sub-a. (3) gewysig by a. 5(b) van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(4) Die Parlement kan ooreenkomstig die proses ingevolge subartikel (3) ingestel ŉ besluit om die oordrag van fondse te staak, vir hoogstens 120 dae op ŉ keer hernu.

(5) Voordat die Parlement ŉ besluit om die oordrag van fondse aan ŉ provinsie te staak, kan goedkeur of hernu–

(a) moet die Ouditeur-generaal aan die Parlement versla

(b) moet die provinsie ŉ geleentheid gebied word om voor ŉ komitee te antwoord op die aantygings teen hom en sy saak te stel.

Verkryging

(1) Wanneer ŉ staatsorgaan in die nasionale, provinsiale of plaaslike regeringsfeer, of enige ander instelling in nasionale wetgewing geïdentifiseer, vir goedere of dienste kontrakteer, moet hy dit doen ooreenkomstig ŉ stelsel wat regverdig, billik, deursigtig, mededingend en kostedoeltreffend is.

(2) Subartikel (1) belet nie die staatsorgane of instellings in daardie subartikel genome om ŉ verkrygingsbeleid toe te pas wat voorsiening maak vir–

(a) voorkeurkategorieë by die toekenning van kontrakte nie; en

(b) die beskerming of vooruitgang van persone, of kategorieë persone, wat deur onbillike diskriminasie benadeel is nie.

(3) Nasionale wetgewing moet ŉ raamwerk voorskryf waarbinne die beleid bedoel in subartikel (2) toegepas moet word.

[Sub-a. (3) vervang by a. 6 van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

Regeringswaarborge

(1) Die nasionale regering, ŉ provinsiale regering of ŉ munisipaliteit kan ŉ lening waarborg slegs indien die waarborg voldoen aan voorwaardes wat in nasionale wetgewing uiteengesit word.

(2) Nasionale wetgewing genoem in subartikel (1) kan verorden word slegs nadat enige aanbevelings van die Finansiële en Fiskale Kommissie oorweeg is.

(3) Elke regering moet elke jaar ŉ verslag publiseer oor die waarborge wat hy verstrek het.

[Datum van inwerkingtreding van a. 218: 1 Januarie 1998.]

Besoldiging van persone wat openbare ampte beklee

(1) ‘n Parlementswet moet ŉ raamwerk voorskryf vir die bepaling van–

(a) die salarisse, toelaes en voordele van lede van die Nasionale Vergadering, vaste afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies, lede van die Kabinet, Adjunkministers, tradisionele leiers en lede van enige rade van tradisionele leiers; en

(b) die boonste perke van die salarisse, toelaes of voordele van lede van provinsiale wetgewers, lede van Uitvoerende Rade en lede van Munisipale Rade van die verskillende kategorieë.

(2) Nasionale wetgewing moet ŉ onafhanklike kommissie instel om aanbevelings te doen oor die salarisse, toelaes en voordele in subartikel (1) genoem.

(3) Die Parlement kan die wetgewing genoem in subartikel (1) aanneem slegs na oorweging van enige aanbevelings van die kommissie ingevolge subartikel (2) ingestel.

(4) Die nasionale uitvoerende gesag, ŉ provinsiale uitvoerende gesag, ŉ munisipaliteit of enige ander tersaaklike gesag kan die nasionale wetgewing genoem in subartikel

(1) toepas slegs na oorweging van enige aanbevelings van die kommissie ingevolge subartikel (2) ingestel.

(5) Nasionale wetgewing moet raamwerke voorskryf vir die bepaling van die salarisse, toelaes en voordele van regters, die Openbare Beskermer, die Ouditeur-generaal en lede van enige kommissie waarvoor die Grondwet voorsiening maak, met inbegrip van die uitsaai-owerheid in artikel 192 genoem.

Finansiële en Fiskale Kommissie

Instelling en werksaamhede

(1) Daar is ŉ Finansiële en Fiskale Kommissie vir die Republiek, wat aan die Parlement, provinsiale wetgewers en enige ander gesag deur nasionale wetgewing bepaal, aanbevelings doen wat in hierdie Hoofstuk of in nasionale wetgewing beoog word.

(2) Die Kommissie is onafhanklik en slegs aan die Grondwet en die reg onderworpe, en moet onpartydig wees.

(3) Die Kommissie funksioneer ingevolge ŉ Parlementswet en moet by die verrigting van sy funksies alle tersaaklike faktore in aanmerking neem, met inbegrip van die in artikel 214(2) vermeld.

Aanstelling en ampstermyn van lede

(1) Die Kommissie bestaan uit die volgende vroue en mans wat deur die President, as hoof van die nasionale uitvoerende gesag, aangestel word:

(a) ‘n Voorsitter en ŉ adjunkvoorsitter;

(b) drie persone gekies, na oorlegpleging met die Premiers, vanaf ŉ lys saamgestel ooreenkomstig ŉ proses deur nasionale wetgewing voorgeskryf;

(c) twee persone gekies, na oorlegpleging met georganiseerde plaaslike regering, vanaf ŉ lys saamgestel ooreenkomstig ŉ proses deur nasionale wetgewing voorgeskryf; en

(d) twee ander persone.

[Sub-a. (1) vervang by a. 2 van die “Constitution Fifth Amendment Act of 1999” en vervang by a. 7(a) van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(1A) Nasionale wetgewing bedoel in subartikel (1) moet voorsiening maak vir die deelname van–

(a) die Premiers by die samestelling van ŉ lys in subartikel (1)(b) beoog; en

(a) georganiseerde plaaslike regering by die samestelling van ŉ lys in subartikel (1)(c) beoog.

[Sub-a. (1A) ingevoeg by a. 7(b) van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(2) Lede van die Kommissie moet toepaslike kundigheid besit.

(3) Lede dien vir ŉ termyn ingevolge nasionale wetgewing bepaal. Die President kan ŉ lid van die amp onthef op grond van wangedrag, onvermoë of onbevoegdheid.

Verslae

Die Kommissie moet gereeld aan sowel die Parlement as die provinsiale wetgewers verslag doen.

Sentrale Bank

Instelling

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank is die sentrale bank van die Republiek en word ingevolge ŉ Parlementswet gereguleer.

Hoofoogmerk

(1) Die hoofoogmerk van die Suid-Afrikaanse Reserwebank is om in die belang van gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei in die Republiek die waarde van die geldeenheid te beskerm.

(2) Die Suid-Afrikaanse Reserwebank moet in die nastrewing van sy hoofoogmerk sy funksies onafhanklik en sonder vrees, begunstiging of vooroordeel verrig, maar daar moet gereelde oorlegpleging wees tussen die Bank en die Kabinetslid wat vir nasionale finansiële sake verantwoordelik is.

Bevoegdhede en werksaamhede

Die bevoegdhede en funksies van die Suid-Afrikaanse Reserwebank is dié wat gebruiklikerwys deur sentrale banke uitgeoefen en verrig word, moet deur ŉ Parlementswet bepaal word en moet uitgeoefen of verrig word behoudens die voorwaardes ingevolge dié Wet voorgeskryf.

Provinsiale en Plaaslike Finansiële Aangeleenthede

Provinsiale Inkomstefondse

(1) Daar is ŉ Provinsiale Inkomstefonds vir elke provinsie, waarin alle geld gestort word wat deur die provinsiale regering ontvang word, behalwe geld wat redelikerwys deur ŉ Parlementswet uitgesluit word.

(2) Geld kan uit ŉ Provinsiale Inkomstefonds onttrek word slegs–

(a) ingevolge ŉ bewilliging deur ŉ provinsiale Wet; of

(b) as ŉ regstreekse las teen die Provinsiale Inkomstefonds, wanneer in die Grondwet of ŉ provinsiale Wet daarvoor voorsiening gemaak word.

(3) Inkomste wat ingevolge artikel 214(1) deur bemiddeling van ŉ provinsie aan plaaslike regering in daardie provinsie toegeken word, is ŉ regstreekse las teen daardie provinsie se Inkomstefonds.

(4) Nasionale wetgewing kan ŉ raamwerk voorskryf waarbinne–

(a) ‘n provinsiale Wet ingevolge subartikel (2)(b) die onttrekking van geld as ŉ regstreekse las teen ŉ Provinsiale Inkomstefonds kan magtig; en

(b) inkomste wat deur bemiddeling van ŉ provinsie aan plaaslike regering in daardie provinsie ingevolge subartikel (3) toegewys is, aan munisipaliteite in die provinsie oorbetaal moet word.

[Sub-a. (4) bygevoeg by a. 8 van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

[Datum van inwerkingtreding van a. 226: 1 Januarie 1998.]

Nasionale befondsingsbronne van provinsiale en plaaslike regering

(1) Plaaslike regering en elke provinsie–

(a) is op ŉ billike deel van die inkomste wat nasionaal ingevorder word, geregtig ten einde hom in staat te stel om basiese dienste te verskaf en die funksies te verrig wat aan hom toegewys word; en

(b) kan hetsy voorwaardelik hetsy onvoorwaardelik ander toekennings uit nasionale regeringsinkomste ontvang.

(2) Bykomende inkomste wat deur provinsies of munisipaliteite ingevorder word, mag nie afgetrek word van hul deel van die inkomste wat nasionaal ingevorder word of van enige ander toekennings wat uit die nasionale regeringsinkomste aan hulle gedoen word nie. Insgelyks rus daar geen verpligting op die nasionale regering om provinsies of munisipaliteite te vergoed wat nie inkomste in ooreenstemming met hul fiskale vermoë en belastingbasis invorder nie.

(3) ŉ Provinsie se billike deel van inkomste wat nasionaal ingevorder word, moet onverwyld en sonder vermindering aan die provinsie oorgedra word, behalwe wanneer die oordrag ingevolge artikel 216 gestaak is.

(4) ŉ Provinsie moet vir homself enige geldmiddele voorsien wat hy ingevolge ŉ bepaling van sy provinsiale grondwet bykomend by sy behoeftes in die Grondwet beoog, nodig het.

[Datum van inwerkingtreding van a. 227: 1 Januarie 1998.]

Provinsiale belastings

(1) ‘n Provinsiale wetgewer kan–

(a) belastings, heffings en regte oplê, uitgesonderd inkomstebelasting, belasting op toegevoegde waarde, algemene verkoopbelasting, eiendomsbelasting of doeaneregte; en

(b) uniforme bobelasting hef op enige belasting, heffing of reg wat deur nasionale wetgewing opgelê word, uitgesonderd op korporatiewe inkomstebelasting, belasting op toegevoegde waarde, eiendomsbelasting of doeaneregte.

[Par. (b) vervang by a. 9 van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(2) Die bevoegdheid van ŉ provinsiale wetgewer om belastings, heffings, regte en bobelasting op te lê–

(a) mag nie uitgeoefen word op ŉ wyse wat nasionale ekonomiese beleide, ekonomiese bedrywighede oor provinsiale grense heen of die nasionale beweeglikheid van goedere, dienste, kapitaal of arbeid wesenlik en onredelik benadeel nie; en

(b) moet gereguleer word ingevolge ŉ Parlementswet, wat verorden kan word slegs nadat enige aanbevelings van die Finansiële en Fiskale Kommissie oorweeg is.

[Datum van inwerkingtreding van a. 228: 1 Januarie 1998.]

Munisipale fiskale bevoegdhede en funksies

(1) Behoudens subartikels (2), (3) en (4) kan ŉ munisipaliteit–

(a) eiendomsbelasting en bobelasting op gelde oplê vir dienste deur of namens die munisipaliteit verskaf; en

(b) indien deur nasionale wetgewing daartoe gemagtig, ander belastings, heffings en regte oplê wat gepas is vir plaaslike regering of vir die kategorie plaaslike regering waarin daardie munisipaliteit val, maar geen munisipaliteit mag inkomstebelasting, belasting op toegevoegde waarde, algemene verkoopbelasting of doeaneregte oplê nie.

(2) Die bevoegdheid van ŉ munisipaliteit om eiendomsbelasting, bobelasting op gelde vir dienste deur of namens die munisipaliteit verskaf of ander belastings, heffings of regte op te lê–

(a) mag nie uitgeoefen word op ŉ wyse wat nasionale ekonomiese beleide, ekonomiese bedrywighede oor munisipale grense heen of die nasionale beweeglikheid van goedere, dienste, kapitaal of arbeid wesenlik en onredelik benadeel nie; en

(b) kan deur nasionale wetgewing gereguleer word.

(3) Wanneer twee munisipaliteite dieselfde fiskale bevoegdhede en funksies met betrekking tot dieselfde gebied het, moet ŉ gepaste verdeling van daardie bevoegdhede en funksies ingevolge nasionale wetgewing gedoen word. Die verdeling kan slegs na inagneming van minstens die volgende maatstawwe gedoen word:

(a) Die behoefte om aan gesonde belastingbeginsels te voldoen.

(b) Die bevoegdhede wat uitgeoefen word en funksies wat verrig word deur elke munisipaliteit.

(c) Die fiskale vermoë van elke munisipaliteit.

(d) Die doeltreffendheid en doelmatigheid van die invordering van belastings, heffings en regte.

(e) Billikheid.

(4) Niks in hierdie artikel belet dat inkomste wat ingevolge hierdie artikel ingevorder word, gedeel word tussen munisipaliteite wat in dieselfde gebied fiskale bevoegdheid en funksies het nie.

(5) Nasionale wetgewing in hierdie artikel beoog, kan verorden word slegs nadat georganiseerde plaaslike regering en die Finansiële en Fiskale Kommissie geraadpleeg is en enige aanbevelings van die Kommissie oorweeg is.

[Datum van inwerkingtreding van a. 229: 1 Januarie 1998.]

Provinsiale lenings

(1) ŉ Provinsie kan lenings vir kapitaaluitgawes of lopende uitgawes aangaan ooreenkomstig nasionale wetgewing, maar lenings vir lopende uitgawes kan aangegaan word slegs wanneer dit gedurende ŉ belastingjaar vir oorbruggingsdoeleindes nodig is.

(2) Nasionale wetgewing bedoel in subartikel (1) kan verorden word slegs nadat enige aanbevelings van die Finansiële en Fiskale Kommissie oorweeg is.

[A. 230 vervang by a. 10 van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

Munisipale lenings

230A. (1) ŉ Munisipale Raad kan, ooreenkomstig nasionale wetgewing-

(a) lenings vir kapitaaluitgawes of lopende uitgawes van die munisipaliteit aangaan, maar lenings vir lopende uitgawes kan aangegaan word slegs wanneer dit gedurende ŉ belastingjaar vir oorbruggingsdoeleindes nodig is; en

(b) homself en ŉ toekomstige Raad in die uitoefening van sy wetgewende en uitvoerende gesag bind ten einde lenings of beleggings vir die munisipaliteit te verkry.

(2) Nasionale wetgewing bedoel in subartikel (1) kan verorden word slegs nadat enige aanbevelings van die Finansiële en Fiskale Kommissie oorweeg is.

[A. 230A ingevoeg by a. 17 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

The post Hoofstuk 13: finansies appeared first on Keep It Constitutional.

Hoofstuk 12: tradisionele leiers
TRADISIONELE LEIERS

Hoofstuk 12

Erkenning

(1) Die instelling, status en rol van tradisionele leierskap, volgens die gewoontereg, word behoudens die Grondwet erken.

(2) ŉ Tradisionele owerheid wat ŉ stelsel van gewoontereg naleef, kan funksioneer behoudens enige toepaslike wetgewing en gebruike, waarby ingesluit is enige wysiging of herroeping van daardie wetgewing of gebruike.

(3) Die howe moet die gewoontereg toepas wanneer dié reg toepasbaar is, behoudens die Grondwet en enige wetgewing wat spesifiek oor gewoontereg handel.

Rol van tradisionele leiers

(1) Nasionale wetgewing kan voorsiening maak vir ŉ rol vir tradisionele leierskap as ŉ instelling op plaaslike vlak betreffende aangeleenthede wat plaaslike gemeenskappe raak.

(2) Ten einde te handel met aangeleenthede in verband met tradisionele leierskap, die rol van tradisionele leiers, die gewoontereg en die gewoontes van gemeenskappe wat ŉ stelsel van gewoontereg naleef, kan–

(a) nasionale of provinsiale wetgewing voorsiening maak vir die instelling van huise van tradisionele leiers; en

(b) nasionale wetgewing ŉ raad van tradisionele leiers instel.

The post Hoofstuk 12: tradisionele leiers appeared first on Keep It Constitutional.

Hoofstuk 11: veiligheidsdienste
VEILIGHEIDSDIENSTE

Hoofstuk 11

Grondliggende beginsels

Nasionale veiligheid in die Republiek word deur die volgende beginsels beheers:

(a) Nasionale veiligheid moet die vasberadenheid weerspieël van Suid-Afrikaners, as individue en as nasie, om as gelykes te leef, in vrede en harmonie te leef, vry te wees van vrees en gebrek, en ŉ beter bestaan na te streef.

(b) Hierdie vasberadenheid om in vrede en harmonie te leef belet elke SuidAfrikaanse burger om deel te neem aan gewapende stryd, nasionaal of internasionaal, behalwe waar ingevolge die Grondwet of nasionale wetgewing daarvoor voorsiening gemaak word.

(c) Nasionale veiligheid moet nagestreef word in ooreenstemming met die reg, met inbegrip van die volkereg.

(d) Nasionale veiligheid is onderworpe aan die gesag van die Parlement en die nasionale uitvoerende gesag.

Instelling, struktuur en optrede van veiligheidsdienste

(1) Die veiligheidsdienste van die Republiek bestaan uit ŉ enkele weermag, ŉ enkele polisiediens en enige intelligensiedienste wat ingevolge die Grondwet ingestel word.

(2) Die weermag is die enigste wettige militêre mag in die Republiek.

(3) Benewens die veiligheidsdienste ingevolge die Grondwet ingestel, kan gewapende organisasies of dienste slegs ingevolge nasionale wetgewing ingestel word.

(4) Die veiligheidsdienste moet deur nasionale wetgewing gestruktureer en gereguleer word.

(5) Die veiligheidsdienste moet optree, en moet hul lede oplei en van hulle vereis om op te tree, ooreenkomstig die Grondwet en die reg, met inbegrip van die volkeregtelike gewoontereg en van internasionale ooreenkomste wat die Republiek bind.

(6) Geen lid van enige veiligheidsdiens mag ŉ klaarblyklik onwettige bevel gehoorsaam nie.

(7) Nóg die veiligheidsdienste nóg enige van hul lede mag in die verrigting van hul funksies–

(a) enige partypolitieke belang wat ingevolge die Grondwet wettig is, benadeel; of

(b) op partydige wyse enige belang van ŉ politieke party bevorder.

(8) Ten einde uitvoering te gee aan die beginsels van deursigtigheid en verantwoordingspligtigheid moet veelpartykomitees van die Parlement toesig hou oor alle veiligheidsdienste op ŉ wyse wat deur nasionale wetgewing of die reëls en orders van die Parlement bepaal word.

Verdediging

Weermag

(1) Die weermag moet as ŉ gedissiplineerde militêre mag gestruktureer en bestuur word.

(2) Die hoofdoel van die weermag is om die Republiek, sy territoriale integriteit en sy mense te verdedig en te beskerm, in ooreenstemming met die Grondwet en die volkeregtelike beginsels met betrekking tot die aanwending van mag.

Politieke verantwoordelikheid

(1) ‘n Lid van die Kabinet moet vir verdediging verantwoordelik wees.

(2) Slegs die President, as hoof van die nasionale uitvoerende gesag, kan magtiging daartoe verleen dat die weermag aangewend word–

(a) in samewerking met die polisiediens;

(b) ter verdediging van die Republiek; of

(c) ter nakoming van ŉ internasionale verpligting.

(3) Wanneer die weermag aangewend word vir enige doel in subartikel (2) vermeld, moet die President die Parlement onverwyld en in gepaste besonderhede verwittig van–

(a) die redes vir die aanwending van die weermag;

(b) enige plek waar die mag aangewend word;

(c) die getal mense wat daarby betrokke is; en

(d) die tydperk waarvoor die mag na verwagting aangewend sal word.

(4) Indien die Parlement nie sit gedurende die eerste sewe dae nadat die weermag aangewend is soos in subartikel (2) beoog nie, moet die President die inligting wat in subartikel (3) vereis word, aan die toepaslike toesighoudende komitee verskaf.

Bevel oor weermag

(1) Die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag is die Opperbevelhebber van die weermag, en moet die militêre bevelvoerders van die weermag aanstel.

(2) Daar moet ooreenkomstig die opdragte van die Kabinetslid wat vir verdediging verantwoordelik is, oor die weermag bevel gevoer word onder die gesag van die President.

Staat van nasionale verdediging

(1) Die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag kan ŉ staat van nasionale verdediging verklaar, en moet die Parlement onverwyld en in gepaste besonderhede verwittig van–

(a) die redes vir die verklaring;

(b) enige plek waar die weermag aangewend word; en

(c) die getal mense wat daarby betrokke is.

(2) Indien die Parlement nie sit wanneer ŉ staat van nasionale verdediging verklaar word nie, moet die President die Parlement binne sewe dae vanaf die verklaring vir ŉ buitengewone sitting byeenroep.

(3) ŉ Verklaring van ŉ staat van nasionale verdediging verval tensy dit binne sewe dae vanaf die verklaring deur die Parlement goedgekeur word.

Burgerlike sekretariaat vir verdediging

‘n Burgerlike sekretariaat vir verdediging moet deur nasionale wetgewing ingestel word om te funksioneer in opdrag van die Kabinetslid wat vir verdediging verantwoordelik is.

Polisie

Polisiediens

(1) Die nasionale polisiediens moet gestruktureer word om in die nasionale, die provinsiale en, waar gepas, die plaaslike regeringsfere te funksioneer.

(2) Nasionale wetgewing moet die bevoegdhede en funksies van die polisiediens bepaal en moet die polisiediens in staat stel om sy verantwoordelikhede doeltreffend na te kom, met inagneming van die behoeftes van die provinsies.

(3) Die doelstellings van die polisiediens is om misdaad te voorkom, te bestry en te ondersoek, die openbare orde te handhaaf, die inwoners van die Republiek en hul eiendom te beskerm en te beveilig, en die reg te handhaaf en toe te pas.

Politieke verantwoordelikheid

(1) ‘n Lid van die Kabinet moet vir polisiëring verantwoordelik wees en moet na oorleg met die provinsiale regerings en met inagneming van die polisiëringsbehoeftes en -prioriteite van die provinsies soos deur die provinsiale uitvoerende gesagte bepaal, die nasionale polisiëringsbeleid bepaal.

(2) Die nasionale polisiëringsbeleid kan voorsiening maak vir verskillende beleide ten opsigte van verskillende provinsies na inagneming van die polisiëringsbehoeftes en –prioriteite van daardie provinsies.

(3) Elke provinsie is daarop geregtig–

(a) om polisie-optrede te monitor;

(b) om toesig te hou oor die doeltreffendheid en bevoegdheid van die polisiediens, waarby inbegrepe is die ontvangs van verslae oor die polisiediens;

(c) om goeie betrekkinge tussen die polisie en die gemeenskap te bevorder;

(d) om die doeltreffendheid van sigbare polisiëring te bepaal; en

(e) om met die Kabinetslid wat vir polisiëring verantwoordelik is, te skakel met betrekking tot misdaad en polisiëring in die provinsie.

(4) ‘n Provinsiale uitvoerende gesag is verantwoordelik vir polisiëringsfunksies wat–

(a) ingevolge hierdie Hoofstuk by hom berus;

(b) ingevolge nasionale wetgewing aan hom opgedra is; en

(c) in die nasionale polisiëringsbeleid aan hom toegewys is.

(5) Ten einde die funksies te verrig wat in subartikel (3) uiteengesit word–

(a) kan ŉ provinsie ondersoek instel, of ŉ kommissie van ondersoek aanstel, na enige klagtes van polisie-onbevoegdheid of ŉ verbrokkeling in betrekkinge tussen die polisie en enige gemeenskap; en

(b) moet ŉ provinsie aanbevelings doen aan die Kabinetslid wat vir polisiëring verantwoordelik is.

(6) By ontvangs van ŉ klagte wat deur ŉ provinsiale uitvoerende gesag ingedien is, moet ŉ onafhanklike klagteliggaam vir die polisie deur nasionale wetgewing ingestel, ondersoek instel na enige beweerde wangedrag van, of oortreding began deur, ŉ lid van die polisiediens in die provinsie.

(7) Nasionale wetgewing moet ŉ raamwerk voorsien vir die instelling, bevoegdhede, funksies en beheer van munisipale polisiedienste.

(8) ŉ Komitee bestaande uit die Kabinetslid en die lede van die Uitvoerende Rade wat vir polisiëring verantwoordelik is, moet ingestel word om doeltreffende koördinering van die polisiediens en doeltreffende samewerking tussen die regeringsfere te verseker.

(9) ŉ Provinsiale wetgewer kan van die provinsiale kommissaris van die provinsie vereis om voor hom of enige van sy komitees te verskyn om vrae te beantwoord.

Beheer oor polisiediens

(1) Die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag moet ŉ vrou of ŉ man as die Nasionale Kommissaris van die polisiediens aanstel om die polisiediens te beheer en te bestuur.

(2) Die Nasionale Kommissaris moet beheer oor die polisiediens uitoefen en dit bestuur ooreenkomstig die nasionale polisiëringsbeleid en die opdragte van die Kabinetslid wat vir polisiëring verantwoordelik is.

(3) Die Nasionale Kommissaris moet met die instemming van die provinsiale uitvoerende gesag ŉ vrou of ŉ man as die provinsiale kommissaris vir daardie provinsie aanstel, maar indien die Nasionale Kommissaris en die provinsiale uitvoerende gesag nie oor die aanstelling kan ooreenkom nie, moet die Kabinetslid wat vir polisiëring verantwoordelik is, tussen die partye bemiddel.

(4) Die provinsiale kommissarisse is verantwoordelik vir polisiëring in hul onderskeie provinsies–

(a) soos deur nasionale wetgewing voorgeskryf; en

(b) behoudens die bevoegdheid van die Nasionale Kommissaris om ingevolge subartikel (2) beheer oor die polisiediens uit te oefen en dit te bestuur.

(5) Die provinsiale kommissaris moet jaarliks aan die provinsiale wetgewer oor polisiëring in die provinsie verslag doen, en moet ŉ afskrif van die verslag aan die Nasionale Kommissaris stuur.

(6) Indien die provinsiale kommissaris die vertroue van die provinsiale uitvoerende gesag verloor het, kan daardie gesag ooreenkomstig nasionale wetgewing gepaste verrigtinge vir die verwydering of oorplasing van, of tugstappe teen, daardie kommissaris instel.

Burgerlike sekretariaat vir polisie

‘n Burgerlike sekretariaat vir die polisiediens moet deur nasionale wetgewing ingestel word om te funksioneer in opdrag van die Kabinetslid wat vir polisiëring verantwoordelik is.

Intelligensie

Instelling van en beheer oor intelligensiedienste

(1) Enige intelligensiediens, behalwe ŉ intelligensieafdeling van die weermag of die polisiediens, kan slegs deur die President, as hoof van die nasionale uitvoerende gesag, en slegs ingevolge nasionale wetgewing ingestel word.

(2) Die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag moet ŉ vrou of ŉ man aanstel as hoof van elke intelligensiediens wat ingevolge subartikel (1) ingestel word, en moet óf politieke verantwoordelikheid vir die beheer oor en bestuur van enige van die dienste aanvaar, óf ŉ lid van die Kabinet aanwys om dié verantwoordelikheid te aanvaar.

Bevoegdhede, funksies en monitering

Nasionale wetgewing moet die doelstellings, bevoegdhede en funksies van die intelligensiedienste reël, met inbegrip van enige intelligensieafdeling van die weermag of die polisiediens, en moet voorsiening maak vir–

(a) die koördinering van alle intelligensiedienste; en

(b) burgerlike monitering van die bedrywighede van die dienste deur ŉ inspekteur wat deur die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag, aangestel word en wat goedgekeur is by ŉ besluit van die Nasionale Vergadering aangeneem met ŉ ondersteunende stem van minstens twee derdes van die lede van die Vergadering

The post Hoofstuk 11: veiligheidsdienste appeared first on Keep It Constitutional.

Hoofstuk 10: openbare administrasie
OPENBARE ADMINISTRASIE

Hoofstuk 10

Basiese waardes en beginsels wat openbare administrasie beheers

(1) Openbare administrasie word beheers deur die demokratiese waardes en beginsels wat in die Grondwet verskans is, met inbegrip van die volgende beginsels:

(a) ‘n Hoë standaard van beroepsetiek moet bevorder en gehandhaaf word.

(b) Die doelmatige, ekonomiese en doeltreffende aanwending van hulpbronne moet bevorder word.

(c) Openbare administrasie moet ontwikkelingsgerig wees.

(d) Dienste moet onpartydig, regverdig, op billike grondslag en sonder vooroordeel gelewer word.

(e) Aandag moet aan mense se behoeftes gegee word, en die publiek moet aangemoedig word om aan beleidsvorming deel te neem.

(f) Openbare administrasie moet verantwoordingspligtig wees.

(g) Deursigtigheid moet bevorder word deur die publiek van tydige, toeganklike en korrekte inligting te voorsien.

(h) Goeie praktyke van mensehulpbronbestuur en loopbaanontwikkeling moet ontwikkel word om mensepotensiaal tot die maksimum te ontsluit.

(i) Openbare administrasie moet in die breë verteenwoordigend wees van die Suid-Afrikaanse bevolking, met indiensnemings- en personeelbestuurspraktyke wat gebaseer is op vermoë, objektiwiteit, billikheid en die behoefte om die wanbalanse van die verlede reg te stel ten einde breë verteenwoordiging te bewerkstellig.

(2) Bogenoemde beginsels is van toepassing op–

(a) administrasie in elke regeringsfeer;

(b) staatsorgane; en

(c) openbare ondernemings.

(3) Nasionale wetgewing moet die bevordering verseker van die waardes en beginsels wat in subartikel (1) vermeld word.

(4) Die aanstelling in die openbare administrasie van ŉ aantal persone op grond van beleidsoorwegings word nie uitgesluit nie, maar nasionale wetgewing moet die aanstellings in die staatsdiens reguleer.

(5) Wetgewing wat die openbare administrasie reguleer kan ŉ onderskeid maak tussen verskillende sektore, administrasies of instellings.

(6) Die aard en funksies van verskillende sektore, administrasies of instellings van die openbare administrasie is tersaaklike faktore wat in aanmerking geneem moet word in wetgewing wat die openbare administrasie reël.

Staatsdienskommissie

(1) Daar is ŉ enkele Staatsdienskommissie vir die Republiek.

(2) Die Kommissie is onafhanklik en moet onpartydig wees, en moet sonder vrees, begunstiging of vooroordeel sy bevoegdhede uitoefen en sy funksies verrig in die belang van die handhawing van ŉ doeltreffende en bevoegde openbare administrasie en ŉ hoë standaard van beroepsetiek in die staatsdiens. Die Kommissie moet deur nasionale wetgewing gereguleer word.

(3) Ander staatsorgane moet deur middel van wetgewende en ander maatreëls die Kommissie bystaan en beskerm ten einde die onafhanklikheid, onpartydigheid, waardigheid en doeltreffendheid van die Kommissie te verseker. Geen persoon of staatsorgaan mag op die funksionering van die Kommissie inbreuk maak nie.

(4) Die bevoegdhede en funksies van die Kommissie is om–

(a) die waardes en beginsels wat in artikel 195 uiteengesit word, regdeur die staatsdiens te bevorder;

(b) die organisasie en administrasie, en die personeelpraktyke, van die staatsdiens te ondersoek, te monitor en te evalueer;

(c) maatreëls voor te stel om effektiewe en doelmatige werkverrigting in die staatsdiens te verseker;

(d) lasgewings uit te reik wat daarop gemik is om te verseker dat personeelprosedures met betrekking tot werwing, oorplasing, bevordering en ontslag voldoen aan die waardes en beginsels in artikel 195 uiteengesit;

(e) verslag te doen ten opsigte van sy bedrywighede en die verrigting van sy funksies, met inbegrip van enige bevinding wat hy mag maak, lasgewings wat hy mag uitreik en advies wat hy mag gee, en om ŉ evaluering te verskaf van die mate waarin daar voldoen word aan die waardes en beginsels in artikel 195 uiteengesit;

(f) hetsy uit eie beweging hetsy na ontvangs van enige klagte–

(i) die toepassing van personeel- en openbareadministrasie-praktyke te ondersoek en te evalueer, en aan die toepaslike uitvoerende gesag en wetgewer verslag te doen;

(ii) ondersoek in te stel na griewe van werknemers in die staatsdiens oor amptelike handelinge of versuime, en gepaste regstellings aan te beveel;

(iii) die nakoming van toepaslike prosedures in die staatsdiens te monitor en te ondersoek; en

(iv) nasionale en provinsiale staatsorgane van advies te dien oor personeelpraktyke in die staatsdiens, met inbegrip van dié met betrekking tot die werwing, aanstelling, oorplasing, uitdienstreding en ander aspekte van die loopbane van werknemers in die staatsdiens; en

(g) die bykomende bevoegdhede uit te oefen of funksies te verrig wat deur ŉ Parlementswet voorgeskryf word.

[Par. (g) bygevoeg by a. 3 van die “Constitution Second Amendment Act of 1998”.]

(5) Die Kommissie is teenoor die Nasionale Vergadering verantwoordingspligtig.

(6) Die Kommissie moet minstens een keer per jaar ingevolge subartikel (4)(e) verslag doen–

(a) aan die Nasionale Vergadering; en

(b) ten opsigte van sy bedrywighede in ŉ provinsie, aan die wetgewer van daardie provinsie.

(7) Die Kommissie het die volgende 14 kommissarisse wat deur die President aangestel word:

(a) Vyf kommissarisse ooreenkomstig subartikel (8)(a) deur die Nasionale Vergadering goedgekeur; en

(b) een kommissaris vir elke provinsie ooreenkomstig subartikel (8)(b) deur die Premier van die provinsie benoem.

(8) (a) ‘n Kommissaris wat ingevolge subartikel (7)(a) aangestel word, moet–

(i) aanbeveel word deur ŉ komitee van die Nasionale Vergadering wat proporsioneel saamgestel is uit lede van alle partye wat in die Vergadering verteenwoordig is; en

(ii) deur die Vergadering goedgekeur word by ŉ besluit aangeneem met ŉ ondersteunende stem van ŉ meerderheid van die lede van die Vergadering.

(b) ‘n Kommissaris wat deur die Premier van ŉ provinsie benoem word, moet–

(i) aanbeveel word deur ŉ komitee van die provinsiale wetgewer wat proporsioneel saamgestel is uit lede van alle partye wat in die wetgewer verteenwoordig is; en

(ii) deur die wetgewer goedgekeur word by ŉ besluit aangeneem met ŉ ondersteunende stem van ŉ meerderheid van die lede van die wetgewer.

(9) Die prosedure vir die aanstelling van kommissarisse word deur ŉ Parlementswet gereguleer.

(10) ŉ Kommissaris word aangestel vir ŉ termyn van vyf jaar, wat vir slegs een addisionele termyn hernu kan word, en moet ŉ vrou of ŉ man wees wat–

(a) ‘n Suid-Afrikaanse burger is; en

(b) ŉ geskikte en gepaste persoon is met kennis of ervaring van administrasie, bestuur of die verskaffing van openbare dienste.

(11) ‘n Kommissaris kan van die amp onthef word slegs op grond van–

(a) wangedrag, onvermoë of onbevoegdheid;

(b) ŉ bevinding te dien effekte deur ŉ komitee van die Nasionale Vergadering of, in die geval van ŉ kommissaris wat deur die Premier van ŉ provinsie benoem is, deur ŉ komitee van die wetgewer van daardie provinsie; en

(c) ŉ besluit van die Vergadering of die betrokke provinsiale wetgewer wat aangeneem is met ŉ ondersteunende stem van ŉ meerderheid van sy lede en waarin gevra word dat die kommissaris van die amp onthef word.

(12) Die President moet die betrokke kommissaris van die amp onthef by–

(a) aanname deur die Vergadering van ŉ besluit waarin gevra word dat daardie kommissaris van die amp onthef word; of

(b) skriftelike verwittiging deur die Premier dat die provinsiale wetgewer ŉ besluit aangeneem het waarin gevra word dat daardie kommissaris van die amp onthef word.

(13) Kommissarisse in subartikel (7)(b) bedoel, kan die bevoegdhede en funksies van die Kommissie in hul provinsies uitoefen en verrig soos deur nasionale wetgewing voorgeskryf.

Staatsdiens

(1) Binne die openbare administrasie is daar ŉ staatsdiens vir die Republiek wat ingevolge nasionale wetgewing moet funksioneer en gestruktureer moet word en wat die wettige beleide van die regering aan die bewind getrou moet uitvoer.

(2) Die bedinge en voorwaardes van indiensneming in die staatsdiens moet deur nasionale wetgewing gereël word. Werknemers is geregtig op ŉ billike pensioen soos deur nasionale wetgewing gereël.

(3) Geen werknemer van die staatsdiens mag begunstig of benadeel word slegs omdat die persoon ŉ bepaalde politieke party of saak steun nie.

(4) Provinsiale regerings is verantwoordelik vir die werwing, aanstelling, bevordering, oorplasing en ontslag van lede van die staatsdiens in hul administrasies binne ŉ raamwerk van eenvormige norme en standaarde wat op die staatsdiens van toepassing is.

The post Hoofstuk 10: openbare administrasie appeared first on Keep It Constitutional.

Hoofstuk 9: staatsinstellings ter ondersteuning van grondwetlike demokrasie
STAATSINSTELLINGS TER ONDERSTEUNING VAN GRONDWETLIKE DEMOKRASIE

Hoofstuk 9

Instelling en bepalende beginsels

(1) Die volgende staatsinstellings versterk die grondwetlike demokrasie in die Republiek:

(a) Die Openbare Beskermer.

(b) Die Menseregtekommissie.

[Par. (b) gewysig by a. 4 van die “Constitution Second Amendment Act of 1998”.]

(c) Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe.

(d) Die Kommissie vir Geslagsgelykheid.

(e) Die Ouditeur-generaal.

(f) Die Verkiesingskommissie.

(2) Hierdie instellings is onafhanklik, en slegs aan die Grondwet en die reg onderworpe, en moet onpartydig wees en hul bevoegdhede en funksies sonder vrees, begunstiging of vooroordeel uitoefen en verrig.

(3) Ander staatsorgane moet hierdie instellings deur middel van wetgewende en ander maatreëls bystaan en beskerm ten einde die onafhanklikheid, onpartydigheid, waardigheid en doeltreffendheid van hierdie instellings te verseker.

(4) Geen persoon of staatsorgaan mag op die funksionering van hierdie instellings inbreuk maak nie.

(5) Hierdie instellings is teenoor die Nasionale Vergadering verantwoordingspligtig, en moet minstens een keer per jaar oor hul bedrywighede en die verrigting van hul funksies aan die Vergadering verslag doen.

Openbare Beskermer

Funksies van Openbare Beskermer

(1) Die Openbare Beskermer het die bevoegdheid, soos deur nasionale wetgewing gereguleer–

(a) om ondersoek in te stel na enige optrede in staatsake, of in die openbare administrasie in enige regeringsfeer, wat, na beweer of vermoed word, onbehoorlik is of enige onbehoorlikheid of benadeling tot gevolg het;

(b) om oor dié optrede verslag te doen; en

(c) om gepaste regstellende stappe te doen.

(2) Die Openbare Beskermer het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

(3) Die Openbare Beskermer mag nie hofbeslissings ondersoek nie.

(4) Die Openbare Beskermer moet vir alle persone en gemeenskappe toeganklik wees.

(5) Enige verslag deur die Openbare Beskermer uitgereik, moet vir die publiek toeganklik wees, tensy buitengewone omstandighede wat ingevolge nasionale wetgewing bepaal moet word vereis dat ŉ verslag vertroulik gehou word.

Ampstermyn

Die Openbare Beskermer word vir ŉ nieherhaalbare termyn van sewe jaar aangestel.

Menseregtekommissie

Funksies van Menseregtekommissie

(1) Die Menseregtekommissie moet–

(a) respek vir menseregte en ŉ kultuur van menseregte bevorder;

(b) die beskerming, ontwikkeling en verwesenliking van menseregte bevorder; en

(c) die handhawing van menseregte in die Republiek monitor en die stand daarvan bepaal.

(2) Die Menseregtekommissie het die bevoegdhede, soos deur nasionale wetgewing gereguleer, wat nodig is om sy funksies te verrig, met inbegrip van die bevoegdheid–

(a) om ondersoek in te stel na en verslag te doen oor die handhawing van menseregte;

(b) om stappe te doen ten einde gepaste herstel te verseker waar menseregte geskend is;

(c) om navorsing te doen; en

(d) om op te voed.

(3) Die Menseregtekommissie moet jaarliks van enige betrokke staatsorgane vereis om die Kommissie te voorsien van inligting oor die maatreëls wat hulle getref het ter verwesenliking van die regte in die Handves van Regte betreffende behuising, gesondheidsorg, voedsel, water, maatskaplike sekerheid, die onderwys en die omgewing.

(4) Die Menseregtekommissie het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

[A. 184 gewysig by a. 4 van die “Constitution Second Amendment Act of 1998”.]

Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe

Funksies van Kommissie

(1) Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe het die volgende hoofoogmerke:

(a) Om respek te bevorder vir die regte van kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe;

(b) om vrede, vriendskap, menslikheid, verdraagsaamheid en nasionale eenheid onder kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe op die grondslag van gelykheid, niediskriminasie en vrye assosiasie te bevorder en te ontwikkel; en

(c) om die instelling of erkenning, ooreenkomstig nasionale wetgewing, van ŉ kultuur- of ander raad of rade vir ŉ gemeenskap of gemeenskappe in SuidAfrika aan te beveel.

(2) Die Kommissie het die bevoegdheid, soos deur nasionale wetgewing gereguleer, wat nodig is om sy hoofoogmerke te bereik, met inbegrip van die bevoegdheid om kwessies betreffende die regte van kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe te monitor, te ondersoek, na te vors, opvoeding daaroor te voorsien, steun daarvoor te werf, daaroor te adviseer en verslag daaroor te doen.

(3) Die Kommissie kan enige aangeleentheid wat binne sy bevoegdhede en funksies val aan die Menseregtekommissie vir ondersoek rapporteer.

[Sub-a. (3) gewysig by a. 4 van die “Constitution Second Amendment Act of 1998”.]

(4) Die Kommissie het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

Samestelling van Kommissie

(1) Die getal lede van die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe en hul aanstelling en ampstermyne moet deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

(2) Die samestelling van die Kommissie moet–

(a) in die breë verteenwoordigend wees van die vernaamste kultuur-, godsdiensen taalgemeenskappe in Suid-Afrika; en

(b) in die breë die geslagsamestelling van Suid-Afrika weerspieël.

Kommissie vir Geslagsgelykheid

Funksies van Kommissie vir Geslagsgelykheid

(1) Die Kommissie vir Geslagsgelykheid moet respek vir geslagsgelykheid en die beskerming, ontwikkeling en verwesenliking van geslagsgelykheid bevorder.

(2) Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het die bevoegdheid, soos deur nasionale wetgewing gereguleer, wat nodig is om sy funksies te verrig, met inbegrip van die bevoegdheid om aangeleenthede betreffende geslagsgelykheid te monitor, te ondersoek, na te vors, opvoeding daaroor te voorsien, steun daarvoor te werf, daaroor te adviseer en verslag daaroor te doen.

(3) Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

Ouditeur-generaal

Werksaamhede van Ouditeur-generaal

(1) Die Ouditeur-generaal moet die rekenings, finansiële state en finansiële bestuur van die volgende instellings en instansies ouditeer en daaroor verslag doen:

(a) Alle nasionale en provinsiale staatsdepartemente en -administrasies;

(b) alle munisipaliteite; en

(c) enige ander instelling of rekenpligtige instansie wat ingevolge nasionale of provinsiale wetgewing deur die Ouditeur-generaal geouditeer moet word.

(2) Benewens die pligte in subartikel (1) voorgeskryf, en behoudens enige wetgewing, kan die Ouditeur-generaal die rekenings, finansiële state en finansiële bestuur van enige van die volgende instellings ouditeer en daaroor verslag doen:

(a) Enige instelling wat uit die Nasionale Inkomstefonds of ŉ Provinsiale Inkomstefonds of deur ŉ munisipaliteit gefinansier word; of

(b) enige instelling wat ingevolge enige wet gemagtig is om geld vir ŉ openbare doel te ontvang.

(3) Die Ouditeur-generaal moet ouditverslae voorlê aan enige wetgewer wat ŉ regstreekse belang in die oudit het, en aan enige ander gesag wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word. Alle verslae moet openbaar gemaak word.

(4) Die Ouditeur-generaal het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

Ampstermyn

Die Ouditeur-generaal word vir ŉ vaste, nieherhaalbare termyn van tussen vyf en tien jaar aangestel.

Verkiesingskommissie

Funksies van Verkiesingskommissie

(1) Die Verkiesingskommissie moet–

(a) verkiesings van nasionale, provinsiale en munisipale wetgewende liggame ooreenkomstig nasionale wetgewing bestuur;

(b) toesien dat die verkiesings vry en regverdig is; en

(c) die uitslae van dié verkiesings bekend maak binne ŉ tydperk wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf moet word en so kort as redelikerwys moontlik moet wees.

(2) Die Verkiesingskommissie het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

Samestelling van Verkiesingskommissie

Die Verkiesingskommissie bestaan uit minstens drie persone. Die getal lede en hul ampstermyne moet deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

Onafhanklike Owerheid om die Uitsaaiwese te Reguleer

Uitsaai-owerheid

‘n Onafhanklike owerheid moet deur nasionale wetgewing ingestel word om die uitsaaiwese in die openbare belang te reguleer en om toe te sien dat regverdigheid geskied en ŉ verskeidenheid van sienswyses aangebied word wat in die breë verteenwoordigend van die Suid-Afrikaanse samelewing is.

Algemene Bepalings

Aanstellings

(1) Die Openbare Beskermer en die lede van enige Kommissie deur hierdie Hoofstuk ingestel, moet vroue of mans wees wat–

(a) Suid-Afrikaanse burgers is;

(b) geskikte en gepaste persone is om die bepaalde amp te beklee; en

(c) voldoen aan enige ander vereistes wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

(2) Die behoefte dat ŉ Kommissie wat deur hierdie Hoofstuk ingestel word, in die breë die rasse- en geslagsamestelling van Suid-Afrika weerspieël, moet by die aanstelling van lede in aanmerking geneem word.

(3) Die Ouditeur-generaal moet ŉ vrou of ŉ man wees wat ŉ Suid-Afrikaanse burger en ŉ geskikte en gepaste persoon is om die amp te beklee. By die aanstelling van die Ouditeur-generaal moet gespesialiseerde kennis of ervaring van ouditering, staatsfinansies en die openbare administrasie behoorlik in aanmerking geneem word.

(4) Die President moet die Openbare Beskermer, die Ouditeur-generaal en die lede van–

(a) die Menseregtekommissie;

(b) die Kommissie vir Geslagsgelykheid; en

(c) die Verkiesingskommissie, op aanbeveling van die Nasionale Vergadering aanstel.

(5) Die Nasionale Vergadering moet persone aanbeveel wat–

(a) benoem is deur ŉ komitee van die Vergadering wat proporsioneel saamgestel is uit lede van alle partye wat in die Vergadering verteenwoordig is; en

(b) deur die Vergadering goedgekeur is by ŉ besluit aangeneem met ŉ ondersteunende stem van–

(i) minstens 60 persent van die lede van die Vergadering, indien die aanbeveling betrekking het op die aanstelling van die Openbare Beskermer of die Ouditeur-generaal; of

(ii) ŉ meerderheid van die lede van die Vergadering, indien die aanbeveling betrekking het op die aanstelling van ŉ lid van ŉ Kommissie.

(6) Daar kan vir die betrokkenheid van die burgerlike gemeenskap in die aanbevelingsproses voorsiening gemaak word soos in artikel 59(1)(a) beoog.

Ampsontheffing

(1) Die Openbare Beskermer, die Ouditeur-generaal of ŉ lid van ŉ Kommissie deur hierdie Hoofstuk ingestel, kan van die amp onthef word slegs op grond van–

(a) wangedrag, onvermoë of onbekwaamheid;

(b) ŉ bevinding te dien effekte deur ŉ komitee van die Nasionale Vergadering; en

(c) ŉ besluit van die Vergadering waarin gevra word dat die persoon van die amp onthef word.

(2) ‘n Besluit van die Nasionale Vergadering oor die ampsontheffing van–

(a) die Openbare Beskermer of die Ouditeur-generaal moet aangeneem word met ŉ ondersteunende stem van minstens twee derdes van die lede van die Vergadering; of

(b) ŉ lid van ŉ Kommissie moet aangeneem word met ŉ ondersteunende stem van ŉ meerderheid van die lede van die Vergadering.

(3) Die President–

(a) kan te eniger tyd na die aanvang van die verrigtinge van ŉ Komitee van die Nasionale Vergadering vir die ontheffing van ŉ persoon daardie persoon in die amp skors; en

(b) moet ŉ persoon van die amp onthef by aanname deur die Vergadering van die besluit waarin gevra word dat dié persoon van die amp onthef word.

The post Hoofstuk 9: staatsinstellings ter ondersteuning van grondwetlike demokrasie appeared first on Keep It Constitutional.

Hoofstuk 8: howe en regspleging
HOWE EN REGSPLEGING

Hoofstuk 8

Regsprekende gesag

(1) Die regsprekende gesag van die Republiek berus by die howe.

(2) Die howe is onafhanklik en onderworpe slegs aan die Grondwet en die reg, wat hulle onpartydig en sonder vrees, begunstiging of vooroordeel moet toepas.

(3) Geen persoon of staatsorgaan mag op die funksionering van die howe inbreuk maak nie.

(4) Staatsorgane moet die howe deur middel van wetgewende en ander maatreëls bystaan en beskerm ten einde die onafhanklikheid, onpartydigheid, waardigheid, toeganklikheid en doeltreffendheid van die howe te verseker.

(5) ŉ Bevel of beslissing deur ŉ hof uitgereik, bind alle persone op wie en staatsorgane waarop dit van toepassing is.

(6) Die Hoofregter is die hoof van die regbank en oefen verantwoordelikheid uit oor die vestiging van en monitering van norme en standaarde vir die verrigting van die regterlike funksies van alle howe.

[Sub-a. (6) bygevoeg deur a. 1 van die Sewentiende Wysigingswet op die Grondwet van 2012.]

Regstelsel

Die howe is–

(a) die Konstitusionele Hof;

(b) die Hoogste Hof van Appèl;

(c) die Hooggeregshof van Suid-Afrika, en enige hoë hof van appèl wat ingevolge ŉ Parlementswet ingestel word om appèlle vanaf enige hof met ŉ status soortgelyk aan die Hooggeregshof van Suid-Afrika aan te hoor;

(d) die landdroshowe; en

(e) enige ander hof ingevolge ŉ Parlementswet ingestel of erken, met inbegrip van ŉ hof met ŉ status soortgelyk aan dié van hetsy die Hooggeregshof van Suid-Afrika hetsy die landdroshowe.

[A. 166 vervang deur a. 2 van die Sewentiende Wysigingswet op die Grondwet van 2012.]

Konstitusionele Hof

(1) Die Konstitusionele Hof bestaan uit die Hoofregter van Suid-Afrika, die Adjunkhoofregter en nege ander regters.

[Sub-a. (1) vervang by a. 11 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(2) ŉ Aangeleentheid voor die Konstitusionele Hof moet deur minstens agt regters verhoor word.

(3) Die Konstitusionele Hof–

(a) is die hoogste hof van die Republiek;

(b) kan beslis oor–

(i) grondwetlike aangeleenthede; en

(ii) enige ander aangeleentheid, indien die Konstitusionele hof verlof om appèl toestaan op die gronde dat die aangeleentheid ŉ debatteerbare regspunt van algemene openbare belang na vore bring wat deur daardie Hof oorweeg behoort te word; en

(c) gee die finale beslissing oor die vraag of ŉ aangeleentheid binne sy regsgebied val.

[Sub-a (3) vervang deur a. 3 van die Sewentiende Wysigingswet op die Grondwet van 2012.]

(4) Slegs die Konstitusionele Hof kan–

(a) beslis oor geskille tussen staatsorgane in die nasionale of provinsiale sfeer betreffende die grondwetlike status, bevoegdhede of funksies van enige van daardie staatsorgane;

(b) beslis oor die grondwetlikheid van enige parlementêre of provinsiale Wetsontwerp, maar kan dit slegs doen in die omstandighede wat in artikel 79 of 121 beoog word;

(c) beslis oor aansoeke wat in artikel 80 of 122 beoog word;

(d) beslis oor die grondwetlikheid van enige wysiging van die Grondwet;

(e) beslis dat die Parlement of die President in gebreke gebly het om ŉ grondwetlike verpligting na te kom; of

(f) ŉ provinsiale grondwet ingevolge artikel 144 sertifiseer.

(5) Die Konstitusionele Hof vel die finale beslissing oor die vraag of ŉ Parlementswet, ŉ provinsiale Wet of optrede van die President grondwetlik is, en geen bevel van ongeldigheid wat deur die Hoogste Hof van Appèl, die Hooggeregshof van SuidAfrika of ŉ hof met soortgelyke status gegee is, is van krag voordat daardie bevel deur die Konstitusionele Hof bevestig is nie.

[Sub-a (5) vervang deur a. 3 van die Sewentiende Wysigingswet op die Grondwet van 2012.]

(6) Nasionale wetgewing of die reëls van die Konstitusionele Hof moet ŉ person toelaat om, wanneer dit in die belang van geregtigheid is en met verlof van die Konstitusionele Hof–

(a) ŉ aangeleentheid regstreeks by die Konstitusionele Hof aanhangig te maak; of

(b) regstreeks vanaf enige ander hof na die Konstitusionele Hof te appelleer.

(7) ‘n Grondwetlike aangeleentheid sluit enige kwessie in waarby die uitleg, beskerming of afdwinging van die Grondwet betrokke is.

Hoogste Hof van Appèl

(1) Die Hoogste Hof van Appèl bestaan uit ŉ President, ŉ Adjunkpresident en die getal appèlregters wat ingevolge ŉ Parlementswet bepaal word.

[Sub-a. (1) vervang by a. 12 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(2) ŉ Aangeleentheid voor die Hoogste Hof van Appèl moet beslis word deur die getal regters wat ingevolge ŉ Parlementswet bepaal word.

[Sub-a. (2) vervang by a. 12 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(3) (a) Die Hoogste Hof van Appèl kan appèlle beslis in enige aangeleentheid voortspruitend vanuit die Hooggeregshof van Suid-Afrika of ŉ hof met ŉ soortgelyke status as die Hooggeregshof van Suid-Afrika, buiten ten opsigte van arbeids- of mededingingsaangleenthede in die mate deur ŉ Parlementswet bepaal.

(b) Die Hoogste Hof van Appèl kan slegs beslis oor-

(i) appèlle;

(ii) kwessies wat met appèlle in verband staan; en

(iii) enige ander aangeleentheid wat na hom verwys mag word in omstandighede wat deur ŉ Parlementswet omskryf is.

[Sub-a (3) vervang deur a. 4 van die Sewentiende Wysigingswet op die Grondwet van 2012.]

Hooggeregshof van Suid-Afrika

(1) Die Hooggeregshof van Suid-Afrika kan-

(a) enige grondwetlike aangeleentheid beslis, uitgesonderd ŉ aangeleentheid wat-

(i) die Konstitusionele Hof ingevolge artikel 167(6)(a) ingestem het om regstreeks aan te hoor; of

(ii) deur ŉ Parlementswet opgedra is aan ŉ ander hof met ŉ status soortgelyk aan dié van die Hooggeregshof van Suid-Afrika; en

(b) enige ander aangeleentheid beslis wat nie deur ŉ Parlementswet aan ŉ ander hof opgedra is nie.

(2) Die Hooggeregshof van Suid-Afrika bestaan uit die afdelings bepaal deur ŉ Parlementswet, welke Wet voorsiening moet maak vir-

(a) die instelling van afdelings, met een of meer setels in ŉ afdeling; en

(b) die toewysing van regsbevoegdheid aan ŉ afdeling of ŉ setel binne ŉ afdeling.

(3) Elke afdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika-

(a) het ŉ Regter-president;

(b) kan een of meer adjunkregters-president hê; en

(c) het die getal ander regters ingevolge nasionale wetgewing bepaal.

[A. 169 vervang deur a. 5 van die Sewentiende Wysigingswet op die Grondwet van 2012.]

Ander howe

Alle howe buiten dié in artikels 167, 168 en 169 bedoel kan enige aangeleentheid beslis wat deur ŉ Parlementswet bepaal word, maar ŉ hof met ŉ laer status as die Hooggeregshof van Suid-Afrika mag nie ondersoek instel na of beslis oor die grondwetlikheid van enige wetgewing of enige optrede van die President nie.

[A. 170 vervang deur a. 6 van die Sewentiende Wysigingswet op die Grondwet van 2012.]

Hofprosedures

Alle howe funksioneer ingevolge nasionale wetgewing, en daar moet ingevolge nasionale wetgewing vir hulle reëls en prosedures voorsiening gemaak word.

Bevoegdhede van howe in grondwetlike aangeleenthede

(1) Wanneer ŉ hof ŉ grondwetlike aangeleentheid binne sy bevoegdheid beslis–

(a) moet die hof verklaar dat enige regsvoorskrif of optrede wat met die Grondwet onbestaanbaar is, ongeldig is in die mate waarin dit onbestaanbaar is; en

(b) kan die hof enige bevel gee wat regverdig en billik is, met inbegrip van–

(i) ‘n bevel wat die terugwerkendheid van die ongeldigverklaring beperk; en

(ii) ŉ bevel wat die ongeldigverklaring vir enige tydperk en op enige voorwaardes opskort ten einde die bevoegde gesag toe te laat om die gebrek reg te stel.

(2) (a) Die Hoogste Hof van Appèl, die Hooggeregshof van Suid-Afrika of ŉ hof met soortgelyke status kan ŉ bevel gee oor die grondwetlike geldigheid van ŉ Parlementswet, ŉ provinsiale Wet of enige optrede van die President, maar ŉ bevel van grondwetlike ongeldigheid is nie van krag tensy dit deur die Konstitusionele Hof bevestig word nie.

[Par (a) vervang deur a. 7 van die Sewentiende Wysigingswet op die Grondwet van 2012.]

(b) ŉ Hof wat ŉ bevel van grondwetlike ongeldigheid gee, kan ŉ tydelike interdik of ander tydelike verligting aan ŉ party verleen, of kan die verrigtinge verdaag, hangende ŉ beslissing van die Konstitusionele Hof oor die geldigheid van genoemde Wet of optrede.

(c) Nasionale wetgewing moet voorsiening maak vir die verwysing van ŉ bevel van grondwetlike ongeldigheid na die Konstitusionele Hof.

(d) Enige persoon of staatsorgaan met ŉ voldoende belang kan regstreeks appelleer na, of regstreeks aansoek doen by, die Konstitusionele Hof om ŉ bevel van grondwetlike ongeldigheid deur ŉ hof ingevolge hierdie subartikel, te bevestig of te verander.

Inherente bevoegdheid

Die Konstitusionele Hof, die Hoogste Hof van Appèl en die Hooggeregshof van Suid-Afrika het elk die inherente bevoegdheid om, met inagneming van die belang van geregtigheid, hul eie proses te beskerm en te reël en die gemene reg te ontwikkel.

[A. 173 vervang deur a. 8 van die Sewentiende Wysigingswet op die Grondwet van 2012.]

Aanstelling van regterlike beamptes

(1) Enige toepaslik gekwalifiseerde vrou of man wat ŉ geskikte en gepaste persoon is, kan as ŉ regterlike beampte aangestel word. Iemand wat in die Konstitusionele Hof aangestel staan te word moet daarbenewens ŉ Suid-Afrikaanse burger wees.

(2) Die behoefte dat die regbank in die breë die rasse- en geslagsamestelling van SuidAfrika weerspieël, moet in aanmerking geneem word wanneer regterlike beamptes aangestel word.

(3) Die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag stel, na oorleg met die Regterlike Dienskommissie en die leiers van partye wat in die Nasionale Vergadering verteenwoordig is, die Hoofregter en Adjunkhoofregter aan en, na oorleg met die Regterlike Dienskommissie, die President en Adjunkpresident van die Hoogste Hof van Appèl aan.

[Sub-a. (3) vervang by a. 13 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(4) Die ander regters van die Konstitusionele Hof word deur die President, as hoof van die nasionale uitvoerende gesag, na oorleg met die Hoofregter en die leiers van partye wat in die Nasionale Vergadering verteenwoordig is, ooreenkomstig die volgende prosedure aangestel:

(a) Die Regterlike Dienskommissie moet ŉ lys van benoemdes opstel met drie name meer as die getal aanstellings wat gedoen moet word, en die lys aan die President voorlê.

(b) Die President kan aanstellings uit die lys doen, en moet die Regterlike Dienskommissie in kennis stel, met vermelding van redes, indien enige van die benoemdes onaanvaarbaar is en enige aanstelling nog gedoen moet word.

(c) Die Regterlike Dienskommissie moet die lys met verdere benoemdes aanvul en die President moet die oorblywende aanstellings uit die aangevulde lys doen.

[Sub-a. (4) vervang by a. 13 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(5) Te alle tye moet minstens vier lede van die Konstitusionele Hof persone wees wat regters was op die tydstip waarop hulle in die Konstitusionele Hof aangestel is.

(6) Die President moet die regters van alle ander howe op advies van die Regterlike Dienskommissie aanstel.

(7) Ander regterlike beamptes word aangestel ingevolge ŉ Parlementswet, wat moet verseker dat die aanstelling, bevordering, oorplasing of ontslag van, of tugstappe teen, hierdie regterlike beamptes sonder begunstiging of vooroordeel geskied.

(8) Voordat regterlike beamptes begin om hulle funksies te verrig, moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 ŉ eed of plegtige verklaring aflê dat hulle die Grondwet sal handhaaf en beskerm.

Aanstelling van waarnemende regters

(1) Die President kan ŉ vrou of ŉ man aanstel om as ŉ waarnemende Adjunkhoofregter of regter in die Konstitusionele Hof te dien indien daar ŉ vakature is of indien die persoon wat sodanige amp beklee, afwesig is. Die aanstelling moet geskied op aanbeveling van die Kabinetslid wat vir die regspleging verantwoordelik is, handelende met die instemming van die Hoofregter, en ŉ aanstelling as waarnemende Adjunkhoofregter moet uit die geledere van die regters wat ingevolge artikel 174(4) tot die Konstitusionele Hoof aangestel is, gedoen word.

[Sub-a. (1) vervang by a. 14 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001 en vervang deur a. 9 van die Sewentiende Wysigingswet op die Grondwet van 2012.]

(2) Die Kabinetslid wat vir die regspleging verantwoordelik is, moet waarnemende regters in ander howe aanstel na oorleg met die senior regter van die hof waarin die waarnemende regter sal dien.

Ampstermyne en vergoeding

(1) ‘n Regter van die Konstitusionele Hof beklee die amp vir ŉ nieherhaalbare termyn van 12 jaar of totdat hy of sy die ouderdom van 70 jaar bereik, watter ook al eerste plaasvind, behalwe waar ŉ Parlementswet die ampstermyn van ŉ regter van die Konstitusionele Hof verleng.

[Sub-a. (1) vervang by a. 15 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(2) Ander regters beklee die amp totdat hulle ingevolge ŉ Parlementswet van aktiewe diens onthef word.

(3) Die salarisse, toelaes en voordele van regters mag nie verminder word nie.

Ontheffing

(1) ‘n Regter kan van die amp onthef word slegs indien–

(a) die Regterlike Dienskommissie bevind dat die regter aan ŉ onvermoë ly, uitermate onbevoeg is of aan growwe wangedrag skuldig is; en

(b) die Nasionale Vergadering die ontheffing van daardie regter aanvra by ŉ besluit aangeneem met ŉ ondersteunende stem van minstens twee derdes van die lede van die Vergadering.

(2) Die President moet ŉ regter van die amp onthef indien ŉ besluit aangeneem word waarin die ontslag van daardie regter aangevra word.

(3) Die President kan op advies van die Regterlike Dienskommissie ŉ regter skors wat die onderwerp is van verrigtinge ingevolge subartikel (1).

Regterlike Dienskommissie

(1) Daar is ŉ Regterlike Dienskommissie wat bestaan uit –

(a) die Hoofregter, wat op vergaderings van die Kommissie voorsit;

(b) die President van die Hoogste Hof van Appèl;

[Par. (b) vervang by a. 16(a) van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(c) een Regter-president deur die Regters-president aangewys;

(d) die Kabinetslid wat vir die regspleging verantwoordelik is, of ŉ plaasvervanger deur daardie Kabinetslid aangewys;

(e) twee praktiserende advokate uit die geledere van die advokateprofessie benoem om die professie as geheel te verteenwoordig, en deur die President aangestel;

(f) twee praktiserende prokureurs uit die geledere van die prokureursprofessie benoem om die professie as geheel te verteenwoordig, en deur die President aangestel;

(g) een dosent in die regte deur regsdosente aan Suid-Afrikaanse universiteite aangewys;

(h) ses persone deur die Nasionale Vergadering uit sy geledere aangewys, van wie minstens drie lede moet wees van opposisiepartye wat in die Vergadering verteenwoordig is;

(i) vier vaste afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies as ŉ groep deur die Raad aangewys by ŉ besluit aangeneem met ŉ ondersteunende stem van minstens ses provinsies;

(j) vier persone aangewys deur die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag, na oorleg met die leiers van al die partye in die Nasionale Vergadering; en

(k) wanneer aangeleenthede oorweeg word wat op ŉ spesifieke Afdeling van de Hooggeregshof van Suid-Afrika betrekking het, die Regter-president van daardie Afdeling en die Premier van die betrokke provinsie, of ŉ plaasvervanger deur elk van hulle aangewys.

[Par. (k) vervang by a. 2 van die “Constitution Second Amendment Act of 1998” en by a. 16(b) van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001 en deur a. 10 van die Sewentiende Wysigingswet op die Grondwet van 2012.]

(2) Indien die getal persone wat ingevolge subartikel (1)(e) of (f) uit die geledere van die advokate- of prokureursprofessie benoem is, gelyk is aan die getal vakatures wat gevul moet word, moet die President hulle aanstel. Indien die getal persone wat benoem is meer is as die getal vakatures wat gevul moet word, moet die President, na oorleg met die betrokke professie, genoeg van die benoemdes aanstel om die vakatures te vul, met inagneming van die behoefte om te verseker dat diegene wat aangestel word die professie as geheel verteenwoordig.

(3) Lede van die Kommissie deur die Nasionale Raad van Provinsies aangewys, dien totdat hulle as ŉ groep vervang word of totdat ŉ vakature in hulle geledere ontstaan. Ander lede wat in die Kommissie aangewys of benoem is, dien totdat hulle vervang word deur diegene wat hulle aangewys of benoem het.

(4) Die Regterlike Dienskommissie het die bevoegdhede en funksies in die Grondwet en nasionale wetgewing aan hom opgedra.

(5) Die Regterlike Dienskommissie kan die nasionale regering oor enige aangeleentheid met betrekking tot die regbank of die regspleging adviseer, maar wanneer hy enige aangeleentheid behalwe die aanstelling van ŉ regter oorweeg, moet hy sonder die lede wat ingevolge subartikel (1)(h)en (i) aangewys is, vergader.

(6) Die Regterlike Dienskommissie kan sy eie prosedure bepaal, maar besluite van die Kommissie moet deur ŉ meerderheid van sy lede gesteun word.

(7) Indien die Hoofregter of die President van die Hoogste Hof van Appèl tydelik nie in staat is om op die Kommissie te dien nie, neem die Adjunkhoofregter of die Adjunkpresident van die Hoogste Hof van Appèl, na gelang van die geval, as sy of haar plaasvervanger op die Kommissie waar.

[Sub-a. (7) bygevoeg by a. 2(b) van die “Constitution Second Amendment Act of 1998” en vervang by

16(c) van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(8) Die President en die persone wat die lede van die Kommissie ingevolge subartikel (1)(c), (e), (f) en (g) aanstel, benoem of aanwys, kan op dieselfde wyse ŉ plaasvervanger vir elk van daardie lede aanstel, benoem of aanwys om in die Kommissie te dien wanneer ook al die betrokke lid tydelik nie in staat is om dit te doen nie as gevolg van sy of haar onvermoë of afwesigheid uit die Republiek of om enige ander toereikende rede.

[Sub-a. (8) bygevoeg by a. 2(b) van die “Constitution Second Amendment Act of 1998”.]

Vervolgingsgesag

(1) Daar is ŉ enkele nasionale vervolgingsgesag in die Republiek, wat ingevolge ŉ Parlementswet saamgestel is en wat bestaan uit–

(a) ‘n Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, wat die hoof van die vervolgingsgesag is en deur die President, as hoof van die nasionale uitvoerende gesag, aangestel word; en

(b) Direkteure van Openbare Vervolgings en aanklaers soos deur ŉ Parlementswet bepaal.

(2) Die vervolgingsgesag het die bevoegdheid om strafregtelike verrigtinge namens die staat in te stel en om enige funksies te verrig wat in verband met die instel van strafregtelike verrigtinge nodig is.

(3) Nasionale wetgewing moet verseker dat die Direkteure van Openbare Vervolgings –

(a) paslik gekwalifiseerd is; en

(b) verantwoordelik is vir vervolgings in spesifieke jurisdiksies, behoudens subartikel (5).

(4) Nasionale wetgewing moet verseker dat die vervolgingsgesag sy funksies sonder vrees, begunstiging of vooroordeel verrig.

(5) Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings–

(a) moet met die instemming van die Kabinetslid wat vir die regspleging verantwoordelik is en na oorleg met die Direkteure van Openbare Vervolgings die vervolgingsbeleid bepaal wat in die vervolgingsproses nagekom moet word;

(b) moet beleidsvoorskrifte uitreik wat in die vervolgingsproses nagekom moet word;

(c) kan in die vervolgingsproses ingryp wanneer beleidsvoorskrifte nie nagekom word nie; en

(d) kan ŉ besluit om te vervolg of nie te vervolg nie, hersien na oorleg met die betrokke Direkteur van Openbare Vervolgings en na ontvangs, binne ŉ tydperk deur die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings bepaal, van vertoë van die volgende:

(i) Die beskuldigde.

(ii) Die klaer.

(iii) Enige ander persoon of party wat deur die Nasionale Direkteur as betrokke beskou word.

(6) Die Kabinetslid wat vir die regspleging verantwoordelik is, oefen finale verantwoordelikheid oor die vervolgingsgesag uit.

(7) Alle ander aangeleenthede betreffende die vervolgingsgesag moet deur nasionale wetgewing bepaal word.

Ander aangeleenthede betreffende regspleging

Nasionale wetgewing kan voorsiening maak vir enige aangeleentheid betreffende die regspleging waarmee nie in die Grondwet gehandel word nie met inbegrip van–

(a) opleidingsprogramme vir regterlike beamptes;

(b) prosedures vir die hantering van klagtes oor regterlike beamptes; en

(c) die deelname van ander persone as regterlike beamptes aan die beslissings van howe.

The post Hoofstuk 8: howe en regspleging appeared first on Keep It Constitutional.

Hoofstuk 7: plaaslike regering
PLAASLIKE REGERING

Hoofstuk 7

Status van munisipaliteite

(1) Die plaaslike regeringsfeer bestaan uit munisipaliteite, wat vir die hele grondgebied van die Republiek ingestel moet word.

(2) Die uitvoerende en wetgewende gesag van ŉ munisipaliteit berus by sy Munisipale Raad.

(3) ŉ Munisipaliteit het die reg om op eie inisiatief die plaaslike regeringsaangeleenthede van sy gemeenskap te bestuur, behoudens nasionale en provinsiale wetgewing, soos in die Grondwet bepaal.

(4) Die nasionale of ŉ provinsiale regering mag nie ŉ munisipaliteit se vermoë of reg om sy bevoegdhede uit te oefen of sy funksies te verrig, kompromitteer of belemmer nie.

Oogmerke van plaaslike regering

(1) Die oogmerke van plaaslike regering is–

(a) om demokratiese en verantwoordingspligtige regering vir plaaslike gemeenskappe te voorsien;

(b) om te verseker dat dienste op volhoubare wyse aan gemeenskappe verskaf word;

(c) om maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling te bevorder;

(d) om ŉ veilige en gesonde omgewing te bevorder; en

(e) om die betrokkenheid van gemeenskappe en gemeenskapsorganisasies in plaaslike regeringsaangeleenthede aan te moedig.

(2) ‘n Munisipaliteit moet daarna streef om binne sy finansiële en administratiewe vermoë die oogmerke in subartikel (1) uiteengesit, te verwesenlik.

Ontwikkelingspligte van munisipaliteite

‘n Munisipaliteit moet–

(a) sy administrasie en sy begrotings- en beplanningsprosesse so struktureer en bestuur dat voorrang verleen word aan die basiese behoeftes van die  gemeenskap, en dat die maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling van die gemeenskap bevorder word; en

(b) aan nasionale en provinsiale ontwikkelingsprogramme deelneem.

Munisipaliteite in regering van samewerking

(1) Die nasionale regering en provinsiale regerings moet deur wetgewende en ander maatreëls munisipaliteite se vermoë om hul eie sake te bestuur, hul bevoegdhede uit te oefen en hul funksies te verrig, steun en versterk.

(2) Nasionale of provinsiale konsepwetgewing wat die status, instellings, bevoegdhede of funksies van plaaslike regering raak, moet voordat dit by die Parlement of ŉ provinsiale wetgewer ingedien word, vir openbare kommentaar gepubliseer word op ŉ wyse wat georganiseerde plaaslike regering, munisipaliteite en ander belanghebbende persone ŉ geleentheid bied om vertoë met betrekking tot die konsepwetgewing te rig.

Instelling van munisipaliteite

(1) Daar is die volgende kategorieë munisipaliteite:

(a) Kategorie A: ŉ Munisipaliteit wat eksklusiewe munisipale uitvoerende en wetgewende gesag in sy gebied het.

(b) Kategorie B: ŉ Munisipaliteit wat munisipale uitvoerende en wetgewende gesag in sy gebied deel met ŉ kategorie C-munisipaliteit binne wie se gebied hy val.

(c) Kategorie C: ŉ Munisipaliteit wat munisipale uitvoerende en wetgewende gesag het in ŉ gebied wat meer as een munisipaliteit insluit.

(2) Nasionale wetgewing moet die verskillende soorte munisipaliteite bepaal wat binne elke kategorie ingestel kan word.

(3) Nasionale wetgewing moet–

(a) die maatstawwe voorskryf vir die bepaling van wanneer ŉ gebied ŉ enkele kategorie A-munisipaliteit moet hê of wanneer dit munisipaliteite van sowel kategorie B as kategorie C moet hê;

(b) maatstawwe en prosedures voorskryf vir die bepaling van munisipale grense deur ŉ onafhanklike gesag; en

(c) behoudens artikel 229, voorsiening maak vir ŉ gepaste verdeling van bevoegdhede en funksies tussen munisipaliteite wanneer ŉ gebied  munisipaliteite van sowel kategorie B as kategorie C het. ŉ Verdeling van bevoegdhede en funksies tussen ŉ kategorie B-munisipaliteit en ŉ kategorie C munisipaliteit kan verskil van die verdeling van bevoegdhede en funksies tussen ŉ ander kategorie B-munisipaliteit en daardie kategorie C-munisipaliteit.

(4) Die wetgewing in subartikel (3) genoem, moet die behoefte om munisipale dienste op billike en volhoubare wyse te verskaf, in aanmerking neem.

(5) Provinsiale wetgewing moet die verskillende soorte munisipaliteite wat in die provinsie ingestel moet word, bepaal.

(6) Elke provinsiale regering moet munisipaliteite in sy provinsie instel op ŉ wyse wat bestaanbaar is met die wetgewing wat ingevolge subartikels (2) en (3) verorden is, en moet deur wetgewende of ander maatreëls–

(a) voorsiening maak vir die monitering en ondersteuning van plaaslike regering in die provinsie; en

(b) die ontwikkeling van plaaslike regeringsvermoë bevorder ten einde munisipaliteite in staat te stel om hul funksies te verrig en hul eie sake te bestuur.

(6A) …..

[Sub-a. (6A) ingevoeg by a. 1 van die “Constitution Third Amendment Act of 1998” en geskrap by a. 2 van die Twaalfde Wysigingswet op die Grondwet van 2005.]

(7) Die nasionale regering, behoudens artikel 44, en die provinsiale regerings het die wetgewende en uitvoerende gesag om toe te sien dat munisipaliteite hul funksies ten opsigte van aangeleenthede in Bylaes 4 en 5 vermeld doeltreffend verrig, deur die uitoefening van munisipaliteite se uitvoerende gesag genoem in artikel 156(1) te reguleer.

Bevoegdhede en funksies van munisipaliteite

(1) ‘n Munisipaliteit het uitvoerende gesag ten opsigte van, en het die reg op die administrasie van–

(a) die plaaslike regeringsaangeleenthede wat in Deel B van Bylae 4 en Deel B van Bylae 5 vermeld word; en

(b) enige ander aangeleentheid wat deur nasionale of provinsiale wetgewing aan hom opgedra word.

(2) ŉ Munisipaliteit kan verordeninge uitvaardig en administreer vir die doeltreffende administrasie van die aangeleenthede wat hy die reg het om te administreer.

(3) Behoudens artikel 151(4) is ŉ munisipale verordening wat met nasionale of provinsiale wetgewing strydig is, ongeldig. Indien daar ŉ teenstrydigheid is tussen ŉ munisipale verordening en nasionale of provinsiale wetgewing wat nie van krag is nie vanweë ŉ teenstrydigheid in artikel 149 genoem, word die munisipale verordening as geldig beskou solank daardie wetgewing nie van krag is nie.

(4) Die nasionale regering en provinsiale regerings moet by wyse van ŉ ooreenkoms en behoudens enige voorwaardes aan ŉ munisipaliteit die administrasie opdra van ŉ aangeleentheid wat in Deel A van Bylae 4 of Deel A van Bylae 5 vermeld word en wat noodsaaklikerwys op plaaslike regering betrekking het, indien–

(a) daardie aangeleentheid die doeltreffendste plaaslik geadministreer sou kon word; en

(b) die munisipaliteit die vermoë het om dit te administreer.

(5) ‘n Munisipaliteit het die reg om enige bevoegdheid uit te oefen met betrekking tot ŉ aangeleentheid wat redelikerwys nodig is vir, of verband hou met, die doeltreffende verrigting van sy funksies.

Samestelling en verkiesing van Munisipale Rade

(1) ‘n Munisipale Raad bestaan uit–

(a) lede wat ooreenkomstig subartikels (2) en (3) verkies is; of

(b) indien nasionale wetgewing daarvoor voorsiening maak–

(i) lede wat deur ander Munisipale Rade aangestel is om daardie ander Rade te verteenwoordig; of

(ii) sowel lede wat ooreenkomstig paragraaf (a) verkies is as lede wat ooreenkomstig subparagraaf (i) van hierdie paragraaf aangestel is.

[Sub-a. (1) vervang by a. 1(a) van die Agtste Wysigingswet op die Grondwet van 2002 en gewysig by a. 3 van die Vyftiende Wysigingswet op die Grondwet van 2008.]

(2) Die verkiesing van lede tot ŉ Munisipale Raad soos in subartikel (1)(a) beoog, moet ooreenkomstig nasionale wetgewing geskied, wat ŉ stelsel moet voorskryf –

(a) van proporsionele verteenwoordiging wat op die betrokke munisipaliteit se segment van die nasionale gemeenskaplike kieserslys gebaseer is en wat voorsiening maak vir die verkiesing van lede uit lyste van partykandidate wat in ŉ party se rangorde van voorkeur opgestel is; of

(b) van proporsionele verteenwoordiging soos in paragraaf (a) beskryf wat gekombineer is met ŉ stelsel van wyksverteenwoordiging wat op die betrokke munisipaliteit se segment van die nasionale gemeenskaplike kieserslys gebaseer is.

(3) ‘n Kiesstelsel ingevolge subartikel (2) moet in die algemeen proporsionele verteenwoordiging meebring.

[Sub-a. (3) vervang by a. 1(b) van die Agtste Wysigingswet op die Grondwet van 2002.]

(4) (a) Indien die kiesstelsel wyksverteenwoordiging insluit, moet die afbakening van wyke gedoen word deur ŉ onafhanklike gesag wat aangestel word ingevolge, en wat funksioneer ooreenkomstig, die prosedures en maatstawwe wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

(b) …..

[Par. (b) geskrap by a. 3 van die Twaalfde Wysigingswet op die Grondwet van 2005.]

[Sub-a. (4) vervang by a. 2 van die “Constitution Third Amendment Act of 1998”.]

(5) ‘n Persoon kan in ŉ munisipaliteit stem slegs indien daardie persoon op daardie munisipaliteit se segment van die nasionale gemeenskaplike kieserslys geregistreer is.

(6) Die nasionale wetgewing in subartikel (1)(b) genoem, moet ŉ stelsel voorskryf wat dit moontlik maak dat partye en belange wat weerspieël word in die Munisipale Raad wat die aanstelling doen, billik verteenwoordig word in die Munisipale Raad waarin die aanstelling gedoen word.

Lidmaatskap van Munisipale Rade

(1) Elke burger wat bevoeg is om vir ŉ Munisipale Raad te stem, is bevoeg om ŉ lid van daardie Raad te wees, uitgesonderd–

(a) iemand wat aangestel is deur, of in die diens is van, die betrokke munisipaliteit en vergoeding vir daardie aanstelling of diens ontvang, en wat nie ingevolge nasionale wetgewing van hierdie onbevoegdheid vrygestel is nie;

(b) iemand wat aangestel is deur, of in die diens is van, die staat in ŉ ander sfeer en vergoeding vir daardie aanstelling of diens ontvang, en wat ingevolge nasionale wetgewing onbevoeg is vir lidmaatskap van ŉ Munisipale Raad;

(c) iemand wat onbevoeg is om vir die Nasionale Vergadering te stem of ingevolge artikel 47(1)(c), (d) of (e) onbevoeg is om ŉ lid van die Vergadering te wees;

(d) ŉ lid van die Nasionale Vergadering, ŉ afgevaardigde na die Nasionale Raad van Provinsies of ŉ lid van ŉ provinsiale wetgewer; maar hierdie onbevoegdheid geld nie vir ŉ lid van ŉ Munisipale Raad wat plaaslike regering in die Nasionale Raad verteenwoordig nie; of

(e) ŉ lid van ŉ ander Munisipale Raad; maar hierdie onbevoegdheid geld nie vir ŉ lid van ŉ Munisipale Raad wat daardie Raad in ŉ ander Munisipale Raad van ŉ ander kategorie verteenwoordig nie.

(2) Iemand wat ingevolge subartikel (1)(a), (b), (d) of (e) onbevoeg is om ŉ lid van ŉ Munisipale Raad te wees, kan ŉ kandidaat vir die Raad wees behoudens enige beperkings of voorwaardes deur nasionale wetgewing voorgeskryf.

(3) Vakatures in ŉ Munisipale Raad moet ooreenkomstig nasionale wetgewing gevul word.

[Sub-a. (3) bygevoeg by a. 4 van die Vyftiende Wysigingswet op die Grondwet van 2008.]

Termyne van Munisipale Rade

(1) Die termyn van ŉ Munisipale Raad is hoogstens vyf jaar, soos deur nasionale wetgewing bepaal.

(2) Indien ŉ Munisipale Raad ingevolge nasionale wetgewing ontbind word, of wanneer sy termyn verstryk, moet ŉ verkiesing gehou word binne 90 dae vanaf die datum waarop die Raad ontbind is of sy termyn verstryk het.

(3) ŉ Munisipale Raad, uitgesonderd ŉ Raad wat ontbind is na ŉ ingryping ingevolge artikel 139, bly bevoeg om te funksioneer vanaf sy ontbinding of die verstryking van sy termyn totdat die nuut verkose Raad verkose verklaar is.

[A. 159 vervang by a. 1 van die “Constitution Second Amendment Act of 1998”.]

Interne prosedures

(1) ‘n Munisipale Raad–

(a) neem besluite oor die uitoefening van al die bevoegdhede en die verrigting van al die funksies van die munisipaliteit;

(b) moet sy voorsitter verkies;

(c) kan ŉ uitvoerende komitee en ander komitees verkies, behoudens nasionale wetgewing; en

(d) kan personeel in diens neem wat vir die doeltreffende verrigting van sy funksies nodig is.

(2) Die volgende funksies mag nie deur ŉ Munisipale Raad gedelegeer word nie:

(a) Die aanname van verordeninge;

(b) die goedkeuring van begrotings;

(c) die oplegging van eiendomsbelasting en ander belastings, heffings en regte; en

(d) die verkryging van lenings.

(3) (a) ‘n Meerderheid van die lede van ŉ Munisipale Raad moet teenwoordig wees voordat daar oor enige aangeleentheid gestem kan word.

(b) Alle vrae oor aangeleenthede in subartikel (2) vermeld, word beslis by wyse van ŉ besluit deur ŉ Munisipale Raad met ŉ ondersteunende stem van ŉ meerderheid van sy lede geneem.

(c) Alle ander vrae voor ŉ Munisipale Raad word beslis deur ŉ meerderheid van die stemme wat uitgebring word.

(4) Geen verordening mag deur ŉ Munisipale Raad aangeneem word nie tensy–

(a) daar aan al die lede van die Raad redelike kennis gegee is; en

(b) die voorgestelde verordening vir openbare kommentaar gepubliseer is.

(5) Nasionale wetgewing kan voorsiening maak vir maatstawwe om–

(a) die grootte van ŉ Munisipale Raad te bepaal;

(b) te bepaal of Munisipale Rade ŉ uitvoerende komitee of enige ander komitee kan verkies; of

(c) die grootte van die uitvoerende komitee of enige ander komitee van ŉ Munisipale Raad te bepaal.

(6) ‘n Munisipale Raad kan verordeninge uitvaardig wat reëls en orders voorskryf vir–

(a) sy interne reëlings;

(b) sy werksaamhede en verrigtinge; en

(c) die instelling, samestelling, prosedures, bevoegdhede en funksies van sy komitees.

(7) ‘n Munisipale Raad moet sy funksies op ŉ oop wyse verrig, en kan sy sittings of dié van sy komitees sluit slegs wanneer dit, met inagneming van die aard van die werksaamhede wat verrig word, redelik is om dit te doen.

(8) Lede van ŉ Munisipale Raad is daarop geregtig om aan die Raad se verrigtinge en dié van sy komitees deel te neem op ŉ wyse wat–

(a) dit moontlik maak dat partye en belange wat in die Raad weerspieël word, billik verteenwoordig word;

(b) met die demokrasie bestaanbaar is; en

(c) deur nasionale wetgewing gereël kan word.

Voorreg

Provinsiale wetgewing kan binne die raamwerk van nasionale wetgewing voorsiening maak vir voorregte en immuniteite van Munisipale Rade en hul lede.

Publikasie van munisipale verordeninge

(1) ‘n Munisipale verordening kan toegepas word slegs nadat dit in die offisiële koerant van die betrokke provinsie gepubliseer is.

(2) ŉ Provinsiale offisiële koerant moet ŉ munisipale verordening op versoek van die munisipaliteit publiseer.

(3) Munisipale verordeninge moet vir die publiek toeganklik wees.

Georganiseerde plaaslike regering

‘n Parlementswet verorden ooreenkomstig die prosedure deur artikel 76 voorgeskryf, moet–

(a) voorsiening maak vir die erkenning van nasionale en provinsiale organisasies wat munisipaliteite verteenwoordig; en

(b) die prosedures bepaal waarvolgens plaaslike regering–

(i) met die nasionale of ŉ provinsiale regering oorleg kan pleeg;

(ii) verteenwoordigers kan aanwys om aan die Nasionale Raad van Provinsies deel te neem; en

(iii) kan deelneem aan die proses voorgeskryf deur die nasionale wetgewing in artikel 221(1)(c) beoog.

[Par. (b) vervang by a. 4 van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

Ander aangeleenthede

Enige aangeleentheid rakende plaaslike regering waarmee nie in die Grondwet gehandel word nie, kan deur nasionale wetgewing, of deur provinsiale wetgewing binne die raamwerk van nasionale wetgewing, voorgeskryf word.

The post Hoofstuk 7: plaaslike regering appeared first on Keep It Constitutional.

Hoofstuk 6: provinsies
PROVINSIES

Hoofstuk 6

Provinsies

(1) Die Republiek het die volgende provinsies:

(a) Oos-Kaap;

(b) Vrystaat;

(c) Gauteng;

(d) KwaZulu-Natal;

(e) Limpopo;

(f) Mpumalanga;

(g) Noord-Kaap;

(h) Noordwes;

(i) Wes-Kaap.

[Sub-a. (1) gewysig by a. 3 van die Elfde Wysigingswet op die Grondwet van 2003 en vervang by a. 1 van die Twaalfde Wysigingswet op die Grondwet van 2005.]

(2) Die geografiese gebiede van die onderskeie provinsies bestaan uit die som van die aangeduide geografiese gebiede weergegee in die verskeie kaarte bedoel in die Kennisgewing in Bylae 1A gelys.

[Sub-a. (2) vervang by a. 1 van die Twaalfde Wysigingswet op die Grondwet van 2005.]

(3) (a) Wanneer die geografiese gebied van ŉ provinsie deur ŉ wysiging aan die Grondwet herbepaal word, kan ŉ Parlementswet voorsiening maak vir maatreëls om, binne ŉ redelike tyd, die regs-, praktiese en enige ander gevolge van die herbepaling te reël.

(b) ŉ Parlementswet beoog in paragraaf (a) kan verorden en geïmplementeer word voor sodanige wysiging aan die Grondwet in werking tree, maar enige provinsiale funksies, bates, regte, verpligtinge, pligte of laste kan slegs ingevolge daardie Wet oorgedra word nadat daardie wysiging aan die Grondwet in werking tree.

[A. 103 vervang by a. 1 van die Twaalfde Wysigingswet op die Grondwet van 2005.]

[Datum van inwerkingtreding van a. 103(3): 23 Desember 2005.]

Provinsiale Wetgewers

Wetgewende gesag van provinsies

(1) Die wetgewende gesag van ŉ provinsie berus by sy provinsiale wetgewer, en verleen aan die provinsiale wetgewer die bevoegdheid–

(a) om ingevolge artikels 142 en 143 ŉ grondwet vir sy provinsie aan te neem of enige grondwet wat deur hom aangeneem is, te wysig;

(b) om vir sy provinsie wetgewing aan te neem met betrekking tot–

(i) enige aangeleentheid binne ŉ funksionele gebied in Bylae 4 vermeld;

(ii) enige aangeleentheid binne ŉ funksionele gebied in Bylae 5 vermeld;

(iii) enige aangeleentheid buite daardie funksionele gebiede en wat deur nasionale wetgewing uitdruklik aan die provinsie opgedra is; en

(iv) enige aangeleentheid waarvoor ŉ bepaling van die Grondwet die verordening van provinsiale wetgewing beoog; en

(c) om enige van sy wetgewende bevoegdhede aan ŉ Munisipale Raad in daardie provinsie op te dra.

(2) Die wetgewer van ŉ provinsie kan by ŉ besluit aangeneem met ŉ ondersteunende stem van minstens twee derdes van sy lede, die Parlement versoek om die naam van daardie provinsie te verander.

(3) ‘n Provinsiale wetgewer word slegs deur die Grondwet en, indien hy ŉ grondwet vir sy provinsie aangeneem het, ook deur daardie grondwet gebind, en moet in ooreenstemming met en binne die perke van die Grondwet en daardie provinsiale grondwet optree.

(4) Provinsiale wetgewing met betrekking tot ŉ aangeleentheid wat redelikerwys nodig is vir, of verband hou met, die doeltreffende uitoefening van ŉ bevoegdheid betreffende enige aangeleentheid in Bylae 4 vermeld, is vir alle doeleindes wetgewing met betrekking tot ŉ aangeleentheid in Bylae 4 vermeld.

(5) ŉ Provinsiale wetgewer kan by die Nasionale Vergadering wetgewing aanbeveel betreffende enige aangeleentheid buite die gesag van daardie wetgewer, of ten opsigte waarvan ŉ Parlementswet voorrang bo ŉ provinsiale Wet geniet.

Samestelling en verkiesing van provinsiale wetgewers

(1) ‘n Provinsiale wetgewer bestaan uit vroue en mans wat as lede verkies is ingevolge ŉ kiesstelsel wat–

(a) deur nasionale wetgewing voorgeskryf word;

(b) op daardie provinsie se segment van die nasionale gemeenskaplike kieserslys gebaseer is;

(c) vir ŉ minimum stemouderdom van 18 jaar voorsiening maak; en

(d) in die algemeen, proporsionele verteenwoordiging tot gevolg het.

[Sub-a. (1) gewysig by a. 3 van die Tiende Wysigingswet op die Grondwet van 2003 en by a. 3 van die Veertiende Wysigingswet op die Grondwet van 2008.]

(2) ‘n Provinsiale wetgewer bestaan uit tussen 30 en 80 lede. Die getal lede wat van provinsie tot provinsie kan verskil, moet bepaal word ooreenkomstig ŉ formule wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

Lidmaatskap

(1) Elke burger wat bevoeg is om vir die Nasionale Vergadering te stem, is bevoeg om ŉ lid van ŉ provinsiale wetgewer te wees, uitgesonderd–

(a) iemand wat aangestel is deur, of in die diens is van, die staat en vergoeding vir dié aanstelling of diens ontvang, behalwe–

(i) die Premier en ander lede van die Uitvoerende Raad van ŉ provinsie; en

(ii) ander ampsdraers wie se funksies met die funksies van ŉ lid van ŉ provinsiale wetgewer bestaanbaar is en deur nasionale wetgewing verklaar is met dié funksies bestaanbaar te wees;

(b) lede van die Nasionale Vergadering, vaste afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies of lede van ŉ Munisipale Raad;

(c) ongerehabiliteerde insolvente;

(d) iemand wat deur ŉ hof van die Republiek as geestelik gekrenk verklaar is; of

(e) iemand wat, na die inwerkingtreding van hierdie artikel, binne die Republiek aan ŉ misdryf skuldig bevind word, of buite die Republiek aldus skuldig bevind word indien die optrede wat die misdryf uitmaak binne die Republiek ŉ misdryf sou uitgemaak het, en tot meer as 12 maande gevangenisstraf sonder die keuse van ŉ boete gevonnis is, maar niemand word beskou as gevonnis te wees voordat ŉ appèl teen die skuldigbevinding of vonnis beslis is, of voordat die tyd om appèl aan te teken, verstryk het nie. ŉ Onbevoegdheid ingevolge hierdie paragraaf verstryk vyf jaar nadat die vonnis voltooi is.

(2) Iemand wat ingevolge subartikel (1)(a) of (b) onbevoeg is om ŉ lid van ŉ provinsiale wetgewer te wees, kan ŉ kandidaat vir die wetgewer wees behoudens enige beperkings of voorwaardes wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

(3) Iemand verloor lidmaatskap van ŉ provinsiale wetgewer indien so iemand–

(a) ophou om bevoeg te wees;

(b) sonder toestemming afwesig is van die wetgewer in omstandighede waarvoor die reëls en orders van die wetgewer verlies van lidmaatskap voorskryf; of

(c) ophou om ŉ lid van die party te wees wat so iemand as ŉ lid van die wetgewer benoem het.

[Sub-a. (3) vervang by a. 4 van die Tiende Wysigingswet op die Grondwet van 2003 en by a. 4 van die Veertiende Wysigingswet op die Grondwet van 2008.]

(4) Vakatures in ŉ provinsiale wetgewer moet ooreenkomstig nasionale wetgewing gevul word.

Eed of plegtige verklaring

Voordat lede van ŉ provinsiale wetgewer begin om hul funksies in die wetgewer te verrig, moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 ŉ eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê.

Duur van provinsiale wetgewers

(1) ‘n Provinsiale wetgewer word vir ŉ termyn van vyf jaar verkies.

(2) Indien ŉ provinsiale wetgewer ingevolge artikel 109 ontbind word, of wanneer sy termyn verstryk, moet die Premier van die provinsie by proklamasie ŉ verkiesing uitskryf en datums daarvoor bepaal, en dié verkiesing moet gehou word binne 90 dae vanaf die datum waarop die wetgewer ontbind is of sy termyn verstryk het. ŉ Proklamasie wat ŉ verkiesing uitskryf en datums daarvoor bepaal, kan uitgereik word voor of na die verstryking van die termyn van ŉ provinsiale wetgewer.

[Sub-a. (2) vervang by a. 1 van die “Constitution Fourth Amendment Act of 1999”.]

(3) Indien die uitslag van ŉ verkiesing van ŉ provinsiale wetgewer nie binne die tydperk in artikel 190 genoem, bekend gemaak word nie, of indien ŉ verkiesing deur ŉ hof tersyde gestel word, moet die President by proklamasie ŉ ander verkiesing uitskryf en datums daarvoor bepaal, en dié verkiesing moet gehou word binne 90 dae vanaf die verstryking van daardie tydperk of vanaf die datum waarop die verkiesing tersyde gestel is.

(4) ‘n Provinsiale wetgewer bly bevoeg om te funksioneer vanaf sy ontbinding of die verstryking van sy termyn tot op die dag voor die eerste dag waarop die stemming vir die volgende wetgewer plaasvind.

Ontbinding van provinsiale wetgewers voor verstryking van termyn

(1) Die Premier van ŉ provinsie moet die provinsiale wetgewer ontbind indien–

(a) die wetgewer ŉ besluit om te ontbind met ŉ ondersteunende stem van ŉ meerderheid van sy lede aangeneem het; en

(b) drie jaar verstryk het sedert die wetgewer verkies is.

(2) ‘n Waarnemende Premier moet die provinsiale wetgewer ontbind indien–

(a) daar ŉ vakature in die amp van Premier is; en

(b) die wetgewer in gebreke bly om binne 30 dae nadat die vakature ontstaan het ŉ nuwe Premier te kies.

Sittings en resesse

(1) Die eerste sitting van ŉ provinsiale wetgewer na ŉ verkiesing vind plaas op ŉ tyd en datum wat bepaal word deur ŉ regter wat deur die Hoofregter aangewys word, maar nie later nie as 14 dae nadat die uitslag van die verkiesing bekend gemaak is. ŉ Provinsiale wetgewer kan die tyd en duur van sy ander sittings en sy resesse bepaal.

[Sub-a. (1) vervang by a. 8 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(2) Die Premier van ŉ provinsie kan die provinsiale wetgewer te eniger tyd vir ŉ buitengewone sitting byeenroep om spesiale werksaamhede te verrig.

(3) ŉ Provinsiale wetgewer kan bepaal waar hy normaalweg sy sittings sal hou.

Speakers en Adjunkspeakers

(1) By die eerste sitting na sy verkiesing, of wanneer dit nodig is om ŉ vakature te vul, moet ŉ provinsiale wetgewer uit sy geledere ŉ Speaker en ŉ Adjunkspeaker kies.

(2) ŉ Regter deur die Hoofregter aangewys, moet by die verkiesing van ŉ Speaker voorsit. Die Speaker sit by die verkiesing van ŉ Adjunkspeaker voor.

[Sub-a. (2) vervang by a. 9 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(3) Die prosedure in Deel A van Bylae 3 uiteengesit, is op die verkiesing van Speakers en Adjunkspeakers van toepassing.

(4) ŉ Provinsiale wetgewer kan sy Speaker of Adjunkspeaker by besluit van die amp onthef. ŉ Meerderheid van die lede van die wetgewer moet teenwoordig wees wanneer dié besluit aangeneem word.

(5) ŉ Provinsiale wetgewer kan ingevolge sy reëls en orders uit sy geledere ander voorsittende beamptes kies om die Speaker en Adjunkspeaker behulpsaam te wees.

Besluite

(1) Behalwe waar die Grondwet anders bepaal–

(a) moet ŉ meerderheid van die lede van ŉ provinsiale wetgewer teenwoordig wees voordat ŉ stemming oor ŉ Wetsontwerp of ŉ wysiging van ŉ Wetsontwerp gehou kan word;

(b) moet minstens een derde van die lede teenwoordig wees voordat ŉ stemming oor enige ander vraag wat voor die wetgewer dien, gehou kan word; en

(c) word alle vrae wat voor ŉ provinsiale wetgewer dien, beslis deur ŉ meerderheid van die stemme wat uitgebring word.

(2) Die lid wat by ŉ vergadering van ŉ provinsiale wetgewer voorsit, het nie ŉ beraadslagende stem nie, maar–

(a) moet ŉ beslissende stem uitbring wanneer daar ŉ staking van stemme oor ŉ vraag is; en

(b) kan ŉ beraadslagende stem uitbring wanneer ŉ vraag beslis moet word met ŉ ondersteunende stem van minstens twee derdes van die lede van die wetgewer.

Vaste afgevaardigdes se regte in provinsiale wetgewers

‘n Provinsie se vaste afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies kan in hulle provinsiale wetgewer en sy komitees sitting neem en daarin praat, maar mag nie stem nie. Die wetgewer kan van ŉ vaste afgevaardigde vereis om in die wetgewer of sy komitees sitting te neem.

Bevoegdhede van provinsiale wetgewers

(1) In die uitoefening van sy wetgewende bevoegdheid kan ŉ provinsiale wetgewer–

(a) enige Wetsontwerp wat voor die wetgewer dien, oorweeg, aanneem, wysig of verwerp; en

(b) wetgewing, behalwe Geldwetsontwerpe, inisieer of opstel.

(2) ‘n Provinsiale wetgewer moet voorsiening maak vir meganismes om–

(a) te verseker dat alle provinsiale uitvoerende staatsorgane in die provinsie aan hom verantwoording doen; en

(b) toesig te hou oor–

(i) die uitoefening van provinsiale uitvoerende gesag in die provinsie, met inbegrip van die uitvoering van wetgewing; en

(ii) enige provinsiale staatsorgaan.

Getuienis of inligting voor provinsiale wetgewers

‘n Provinsiale wetgewer of enige van sy komitees kan–

(a) enige persoon dagvaar om voor hom te verskyn om onder eed of plegtige verklaring getuienis af te lê, of om dokumente voor te lê;

(b) van enige persoon of provinsiale instelling vereis om aan hom verslag te doen;

(c) ingevolge provinsiale wetgewing of die reëls en orders enige persoon of instelling verplig om aan ŉ dagvaarding of vereiste ingevolge paragraaf (a) of

(b) te voldoen; en

(d) van enige belanghebbende persone of instellings petisies, vertoë of voorleggings ontvang.

Interne reëlings, verrigtinge en prosedures van provinsiale wetgewers

(1) ‘n Provinsiale wetgewer kan–

(a) sy interne reëlings, verrigtinge en prosedures bepaal en beheer; en

(b) reëls en orders betreffende sy werksaamhede maak, met behoorlike inagneming van verteenwoordigende en deelnemende demokrasie, verantwoordingspligtigheid, deursigtigheid en publieke betrokkenheid.

(2) Die reëls en orders van ŉ provinsiale wetgewer moet voorsiening maak vir–

(a) die instelling, samestelling, bevoegdhede, funksies, prosedures en duur van sy komitees;

(b) die deelname van minderheidspartye wat in die wetgewer verteenwoordig is, aan die verrigtinge van die wetgewer en sy komitees op ŉ wyse wat met die demokrasie bestaanbaar is;

(c) finansiële en administratiewe hulp aan elke party wat in die wetgewer verteenwoordig is, in verhouding tot sy verteenwoordiging, ten einde die party en sy leier in staat te stel om hul funksies in die wetgewer doeltreffend te verrig; en

(d) die erkenning van die leier van die grootste opposisieparty in die wetgewer as die Leier van die Opposisie.

Voorreg

(1) Lede van ŉ provinsiale wetgewer en die provinsie se vaste afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies–

(a) het behoudens die wetgewer se reëls en orders vryheid van spraak in die wetgewer en in sy komitees; en

(b) is nie blootgestel aan siviele of strafregtelike verrigtinge, inhegtenisneming, gevangesetting of skadevergoeding weens–

(i) enigiets wat hulle in of voor of aan die wetgewer of enige van sy komitees gesê, blootgelê of voorgelê het nie; of

(ii) enigiets wat aan die lig gebring is as gevolg van enigiets wat hulle in of voor of aan die wetgewer of enige van sy komitees gesê, blootgelê of voorgelê het nie.

(2) Ander voorregte en immuniteite van ŉ provinsiale wetgewer en sy lede kan deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

(3) Salarisse, toelaes en voordele wat aan lede van ŉ provinsiale wetgewer betaalbaar is, is ŉ regstreekse las teen die Provinsiale Inkomstefonds.

Publieke toegang tot en betrokkenheid in provinsiale wetgewers

(1) ‘n Provinsiale wetgewer moet–

(a) publieke betrokkenheid in die wetgewende en ander prosesse van die wetgewer en sy komitees vergemaklik; en

(b) sy werksaamhede op ŉ oop wyse verrig, en sy sittings en dié van sy komitees in die openbaar hou, maar redelike maatreëls kan getref word om–

(i) publieke toegang, met inbegrip van toegang aan die media, tot die wetgewer en sy komitees te reguleer; en

(ii) voorsiening te maak vir die deursoeking van en, waar dit gepas is, die weiering van toegang aan of die verwydering van enige persoon.

(2) ‘n Provinsiale wetgewer mag nie die publiek, met inbegrip van die media, van ŉ sitting van ŉ komitee uitsluit nie tensy dit in ŉ oop en demokratiese gemeenskap redelik en regverdigbaar is om dit te doen.

Indiening van Wetsontwerpe

Slegs lede van die Uitvoerende Raad van ŉ provinsie of ŉ komitee of lid van ŉ provinsiale wetgewer kan ŉ Wetsontwerp by die wetgewer indien; maar slegs die lid van die Uitvoerende Raad wat vir finansiële sake in die provinsie verantwoordelik is, kan ŉ Geldwetsontwerp by die wetgewer indien.

Geldwetsontwerpe

(1) ‘n Wetsontwerp is ŉ Geldwetsontwerp indien dit–

(a) geld bewillig;

(b) provinsiale belastings, heffings, regte of bobelastings oplê;

(c) enige provinsiale belastings, heffings, regte of bobelastings afskaf of verminder, of vrystelling daarvan verleen; of

(d) ŉ regstreekse las teen ŉ Provinsiale Inkomstefonds magtig.

(2) ‘n Geldwetsontwerp mag met geen ander aangeleentheid handel nie, behalwe–

(a) ‘n ondergeskikte aangeleentheid wat verband hou met die bewilliging van geld;

(b) die oplegging, afskaffing of vermindering van provinsiale belastings, heffings, regte of bobelastings;

(c) die verlening van vrystelling van provinsiale belastings, heffings, regte of bobelastings; of

(d) die magtiging van ŉ regstreekse las teen ŉ Provinsiale Inkomstefonds.

(3) ‘n Provinsiale Wet moet voorsiening maak vir ŉ prosedure waarvolgens die provinsie se wetgewer ŉ Geldwetsontwerp kan wysig.

[A. 120 vervang by a. 3 van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

Bekragtiging van Wetsontwerpe

(1) Die Premier van ŉ provinsie moet ŉ Wetsontwerp wat ingevolge hierdie Hoofstuk deur die provinsiale wetgewer aangeneem is óf bekragtig en onderteken óf, indien die Premier voorbehoude omtrent die grondwetlikheid van die Wetsontwerp het, dit na die wetgewer vir heroorweging terugverwys.

(2) Indien ŉ Wetsontwerp, na heroorweging, ten volle aan die Premier se voorbehoude voldoen, moet die Premier die Wetsontwerp bekragtig en onderteken; indien nie, moet die Premier–

(a) óf die Wetsontwerp bekragtig en onderteken;

(b) óf dit na die Konstitusionele Hof vir ŉ beslissing oor die grondwetlikheid daarvan verwys.

(3) Indien die Konstitusionele Hof beslis dat die Wetsontwerp grondwetlik is, moet die Premier dit bekragtig en onderteken.

Aansoek by Konstitusionele Hof deur lede

(1) Lede van ŉ provinsiale wetgewer kan by die Konstitusionele Hof aansoek doen om ŉ bevel wat verklaar dat ŉ provinsiale Wet in die geheel of ten dele ongrondwetlik is.

(2) ŉ Aansoek–

(a) moet deur minstens 20 persent van die lede van die wetgewer gesteun word; en

(b) moet gedoen word binne 30 dae vanaf die datum waarop die Premier die Wet bekragtig en onderteken het.

(3) Die Konstitusionele Hof kan gelas dat ŉ Wet, of ŉ gedeelte daarvan, wat die onderwerp van ŉ aansoek ingevolge subartikel (1) uitmaak, geen regskrag het nie totdat die Hof oor die aansoek beslis het, indien–

(a) dit in die belang van geregtigheid is; en

(b) die aansoek ŉ redelike vooruitsig het om te slaag.

(4) Indien ŉ aansoek nie slaag nie, en nie ŉ redelike vooruitsig gehad het om te slaag nie, kan die Konstitusionele Hof die aansoekers gelas om die koste te betaal.

Publikasie van provinsiale Wette

‘n Wetsontwerp wat deur die Premier van ŉ provinsie bekragtig en onderteken is, word ŉ provinsiale Wet, moet onverwyld gepubliseer word en tree in werking by die publikasie daarvan of op ŉ datum ingevolge die Wet bepaal.

Veilige bewaring van provinsiale Wette

Die ondertekende eksemplaar van ŉ provinsiale Wet is afdoende bewys van die bepalings van daardie Wet en moet na die publikasie daarvan vir veilige bewaring aan die Konstitusionele Hof toevertrou word.

PROVINSIALE UITVOERENDE GESAG

Uitvoerende gesag van provinsies

(1) Die uitvoerende gesag van ŉ provinsie berus by die Premier van daardie provinsie.

(2) Die Premier oefen die uitvoerende gesag gesamentlik met die ander lede van die Uitvoerende Raad uit deur–

(a) in die provinsie provinsiale wetgewing uit te voer;

(b) alle nasionale wetgewing binne die funksionele gebiede in Bylae 4 of 5 vermeld, uit te voer, behalwe waar die Grondwet of ŉ Parlementswet anders bepaal;

(c) in die provinsie nasionale wetgewing te administreer wat buite die funksionele gebiede vermeld in Bylaes 4 en 5 val en waarvan die administrasie ingevolge ŉ Parlementswet aan die provinsiale uitvoerende gesag opgedra is;

(d) provinsiale beleid te ontwikkel en uit te voer;

(e) die funksies van die provinsiale administrasie en sy departemente te koördineer;

(f) provinsiale wetgewing op te stel en te inisieer; en

(g) enige ander funksie te verrig wat ingevolge die Grondwet of ŉ Parlementswet aan die provinsiale uitvoerende gesag opgedra is.

(3) ‘n Provinsie het ingevolge subartikel (2)(b) uitvoerende gesag slegs in die mate waarin die provinsie die administratiewe vermoë het om doeltreffende verantwoordelikheid te aanvaar. Die nasionale regering moet deur middel van wetgewende en ander maatreëls provinsies help om die administratiewe vermoë te ontwikkel wat nodig is vir die doeltreffende uitoefening van hul bevoegdhede en verrigting aan hul funksies in subartikel (2) genoem.

(4) ŉ Geskil betreffende die administratiewe vermoë van ŉ provinsie met betrekking tot enige funksie moet verwys word na die Nasionale Raad van Provinsies vir beslegting binne 30 dae vanaf die datum van die verwysing na die Raad.

(5) Behoudens artikel 100 is die uitvoering van provinsiale wetgewing in ŉ provinsie ŉ eksklusiewe provinsiale uitvoerende bevoegdheid.

(6) Die provinsiale uitvoerende gesag moet optree ooreenkomstig–

(a) die Grondwet; en

(b) die provinsiale grondwet, indien ŉ grondwet vir die provinsie aangeneem is.

Opdra van werksaamhede

ŉ Lid van die Uitvoerende Raad van ŉ provinsie kan enige bevoegdheid of funksie wat ingevolge ŉ Parlementswet of ŉ provinsiale Wet uitgeoefen of verrig moet word, aan ŉ Munisipale Raad opdra. ŉ Opdrag–

(a) geskied ingevolge ŉ ooreenkoms tussen die betrokke lid van die Uitvoerende Raad en die Munisipale Raad;

(b) moet bestaanbaar wees met die Wet ingevolge waarvan die betrokke bevoegdheid of funksie uitgeoefen of verrig word; en

(c) tree by proklamering deur die Premier in werking.

Bevoegdhede en funksies van Premiers

(1) Die Premier van ŉ provinsie het die bevoegdhede en funksies wat deur die Grondwet en enige wetgewing aan dié amp opgedra word.

(2) Die Premier van ŉ provinsie is verantwoordelik vir–

(a) die bekragtiging en ondertekening van Wetsontwerpe;

(b) die terugverwysing van ŉ Wetsontwerp na die provinsiale wetgewer vir heroorweging van die grondwetlikheid van die Wetsontwerp;

(c) die verwysing van ŉ Wetsontwerp na die Konstitusionele Hof vir ŉ beslissing oor die grondwetlikheid van die Wetsontwerp;

(d) die byeenroeping van die wetgewer vir ŉ buitengewone sitting om spesiale werksaamhede te verrig;

(e) die aanstelling van kommissies van ondersoek; en

(f) die uitroep van ŉ referendum in die provinsie ooreenkomstig nasionale wetgewing.

Verkiesing van Premiers

(1) By sy eerste sitting na sy verkiesing, en wanneer dit ook al nodig is om ŉ vakature te vul, moet ŉ provinsiale wetgewer ŉ vrou of ŉ man uit sy geledere as die Premier van die provinsie verkies.

(2) ŉ Regter wat deur die Hoofregter aangewys is, moet by die verkiesing van die Premier voorsit. Die prosedure in Deel A van Bylae 3 uiteengesit, is op die verkiesing van die Premier van toepassing.

[Sub-a. (2) vervang by a. 10 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(3) ŉ Verkiesing om ŉ vakature in die amp van Premier te vul, moet gehou word op ŉ tyd en datum deur die Hoofregter bepaal, maar nie later nie as 30 dae nadat die vakature ontstaan.

[Sub-a. (3) vervang by a. 10 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

Aanvaarding van amp deur Premiers

ŉ Aangewese Premier aanvaar die amp binne vyf dae na die Premiersverkiesing, deur ooreenkomstig Bylae 2 ŉ eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet af te lê.

Ampstermyn en ontheffing van Premiers

(1) ŉ Premier se ampstermyn begin wanneer die Premier die amp aanvaar en eindig wanneer ŉ vakature ontstaan of wanneer die persoon wat volgende as Premier verkies word die amp aanvaar.

(2) Niemand mag die amp van Premier vir meer as twee ampstermyne beklee nie, maar wanneer iemand verkies word om ŉ vakature in die amp van Premier te vul, word die tydperk tussen daardie verkiesing en die volgende verkiesing van ŉ Premier nie as ŉ ampstermyn beskou nie.

(3) Die wetgewer van ŉ provinsie kan, by ŉ besluit aangeneem met ŉ ondersteunende stem van minstens twee derdes van sy lede, die Premier van die amp van Premier onthef slegs op grond van–

(a) ŉ ernstige skending van die Grondwet of die reg;

(b) ernstige wangedrag; of

(c) onvermoë om die funksies van die amp te verrig.

(4) Iemand wat ingevolge subartikel (3)(a) of (b) van die amp van Premier onthef is, mag geen voordele van daardie amp ontvang nie, en mag in geen openbare amp dien nie.

Waarnemende Premiers

(1) Wanneer die Premier afwesig is of andersins nie in staat is om die pligte van die amp van Premier te vervul nie, of gedurende ŉ vakature in die amp van Premier, neem ŉ ampsdraer in die onderstaande rangorde as Premier waar:

(a) ŉ Lid van die Uitvoerende Raad deur die Premier aangewys.

(b) ‘n Lid van die Uitvoerende Raad deur die ander lede van die Uitvoerende Raad aangewys.

(c) Die Speaker, totdat die wetgewer een van sy ander lede aanwys.

(2) ‘n Waarnemende Premier het die verantwoordelikhede, bevoegdhede en funksies van die Premier.

(3) Voordat die Waarnemende Premier die verantwoordelikhede, bevoegdhede en funksies van die Premier aanvaar, moet die Waarnemende Premier ooreenkomstig Bylae 2 ŉ eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê.

Uitvoerende Rade

(1) Die Uitvoerende Raad van ŉ provinsie bestaan uit die Premier, as hoof van die Raad, en minstens vyf en hoogstens tien lede deur die Premier uit die geledere van die provinsiale wetgewer aangestel.

(2) Die Premier van ŉ provinsie stel die lede van die Uitvoerende Raad aan, dra hulle bevoegdhede en funksies aan hulle op, en kan hulle ontslaan.

Aanspreeklikheid en verantwoordelikhede

(1) Die lede van die Uitvoerende Raad van ŉ provinsie is verantwoordelik vir die funksies van die uitvoerende gesag wat deur die Premier aan hulle opgedra word.

(2) Lede van die Uitvoerende Raad van ŉ provinsie is gesamentlik en afsonderlik teenoor die wetgewer aanspreeklik vir die uitoefening van hul bevoegdhede en die verrigting van hul funksies.

(3) Lede van die Uitvoerende Raad van ŉ provinsie moet–

(a) ooreenkomstig die Grondwet en, indien ŉ provinsiale grondwet vir die provinsie aangeneem is, ook daardie grondwet optree; en

(b) die wetgewer voorsien van volledige en gereelde verslae oor aangeleenthede onder hulle beheer.

Voortbestaan van Uitvoerende Rade na verkiesings

Wanneer ŉ verkiesing van ŉ provinsiale wetgewer gehou word, bly die Uitvoerende Raad en sy lede bevoeg om te funksioneer totdat die persoon wat deur die volgende wetgewer as Premier verkies word die amp aanvaar.

Eed of plegtige verklaring

Voordat lede van die Uitvoerende Raad van ŉ provinsie begin om hul funksies te verrig, moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 ŉ eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê.

Gedrag van lede van Uitvoerende Rade

(1) Lede van die Uitvoerende Raad van ŉ provinsie moet optree ooreenkomstig ŉ etiese kode deur nasionale wetgewing voorgeskryf.

(2) Lede van die Uitvoerende Raad van ŉ provinsie mag nie–

(a) enige ander betaalde werk onderneem nie;

(b) optree op enige wyse wat met hul amp onbestaanbaar is, of hulself blootstel aan enige omstandigheid wat die risiko inhou van ŉ botsing tussen hul amptelike verantwoordelikhede en hul private belange nie; of

(c) hul posisie of enige inligting aan hulle toevertrou, gebruik om hulself te verryk of enige ander persoon onbehoorlik te bevoordeel nie.

Oordrag van werksaamhede

Die Premier kan by proklamasie aan ŉ lid van die Uitvoerende Raad–

(a) die administrasie oordra van enige wetgewing wat aan ŉ ander lid opgedra is; of

(b) enige bevoegdheid of funksie oordra wat by wetgewing aan ŉ ander lid opgedra is.

Tydelike opdra van werksaamhede

Die Premier van ŉ provinsie kan aan ŉ lid van die Uitvoerende Raad enige bevoegdheid of funksie van ŉ ander lid wat uit die amp afwesig is of nie in staat is om daardie bevoegdheid uit te oefen of daardie funksie te verrig nie, opdra.

Provinsiale ingryping in plaaslike regering

(1) Wanneer ŉ munisipaliteit ŉ uitvoerende verpligting ingevolge die Grondwet of wetgewing nie kan nakom nie of dit nie nakom nie, kan die betrokke provinsiale uitvoerende gesag ingryp deur enige gepaste stappe te doen om te verseker dat daardie verpligting nagekom word, met inbegrip van–

(a) die uitreiking van ŉ lasgewing aan die Munisipale Raad waarin die mate van die versuim om sy verpligtinge na te kom, beskryf word en stappe wat nodig is om sy verpligtinge na te kom, vermeld word;

(b) die aanvaarding van verantwoordelikheid vir die betrokke verpligting in daardie munisipaliteit in die mate wat nodig is om–

(i) noodsaaklike nasionale standaarde te handhaaf of aan gevestigde minimum standaarde vir die lewering van ŉ diens te voldoen;

(ii) te voorkom dat daardie Munisipale Raad onredelike stappe doen wat nadelig is vir die belange van ŉ ander munisipaliteit of van die provinsie as geheel; of

(iii) ekonomiese eenheid te handhaaf; of

(c) die ontbinding van die Munisipale Raad en die aanstelling van ŉ administrateur totdat ŉ pas verkose Munisipale Raad verkose verklaar is, indien buitengewone omstandighede so ŉ stap regverdig.

(2) Indien ŉ provinsiale uitvoerende gesag ingevolge subartikel (1)(b) in ŉ munisipaliteit ingryp, moet–

(a) hy ŉ skriftelike kennisgewing van die ingryping aan–

(i) die Kabinetslid wat vir plaaslike regeringsaangeleenthede verantwoordelik is; en

(ii) die betrokke provinsiale wetgewer en die Nasionale Raad van Provinsies, voorlê binne 14 dae nadat die ingryping ŉ aanvang geneem het;

(b) die ingryping beëindig word indien–

(i) die Kabinetslid wat vir plaaslike regeringsaangeleenthede verantwoordelik is die ingryping afkeur binne 28 dae nadat die ingryping ŉ aanvang geneem het of by die einde van daardie tydperk die ingryping nie goedgekeur het nie; of

(ii) die Raad die ingryping afkeur binne 180 dae nadat die ingryping ŉ aanvang geneem het of by die einde van daardie tydperk die ingryping nie goedgekeur het nie; en

(c) die Raad, terwyl die ingryping voortduur, die ingryping gereeld in hersiening neem en enige gepaste aanbevelings aan die provinsiale uitvoerende gesag doen.

(3) Indien ŉ Munisipale Raad ingevolge subartikel (1)(c) ontbind is–

(a) moet die provinsiale uitvoerende gesag onmiddellik ŉ skriftelike kennisgewing van die ontbinding voorlê aan–

(i) die Kabinetslid wat vir plaaslike regeringsaangeleenthede verantwoordelik is; en

(ii) die betrokke provinsiale wetgewer en die Nasionale Raad van Provinsies; en

(b) neem die ontbinding ŉ aanvang 14 dae vanaf die datum van ontvangs van die kennisgewing deur die Raad tensy tersyde gestel deur daardie Kabinetslid of die Raad voor die verstryking van daardie 14 dae.

(4) Indien ŉ munisipaliteit ŉ verpligting ingevolge die Grondwet of wetgewing om ŉ begroting of inkomste genererende maatreëls goed te keur wat nodig is om aan die begroting gevolg te gee nie kan nakom nie of dit nie nakom nie, moet die betrokke provinsiale uitvoerende gesag ingryp deur enige gepaste stappe te doen om te verseker dat die begroting of daardie inkomste genererende maatreëls goedgekeur word, met inbegrip van die ontbinding van die Munisipale Raad en–

(a) die aanstelling van ŉ administrateur totdat ŉ pas verkose Munisipale Raad verkose verklaar is; en

(b) die goedkeuring van ŉ voorlopige begroting of inkomste genererende maatreëls om vir die voortgesette funksionering van die munisipaliteit voorsiening te maak.

(5) Indien ŉ munisipaliteit, as gevolg van ŉ krisis in sy finansiële sake, in ernstige of volgehoue wesenlike versuim is van sy verpligtinge om basiese dienste te verskaf of om sy finansiële ondernemings na te kom, of erken dat hy nie in staat is om sy verpligtinge of finansiële ondernemings na te kom nie, moet die betrokke provinsiale uitvoerende gesag–

(a) ‘ŉ herstelplan voorskryf wat daarop gerig is om die munisipaliteit se vermoë om sy verpligtinge om basiese dienste te verskaf of sy finansiële ondernemings na te kom, te verseker, wat–

(i) voorberei moet word ooreenkomstig nasionale wetgewing; en

(ii) die munisipaliteit in die uitoefening van sy wetgewende en uitvoerende gesag bind maar slegs in die mate wat nodig is om die krisis in sy finansiële sake op te los; en

(b) die Munisipale Raad ontbind, indien die munisipaliteit wetgewende maatreëls, met inbegrip van ŉ begroting of enige inkomste genererende maatreëls, wat nodig is om aan die herstelplan gevolg te gee nie kan goedkeur nie of dit nie goedkeur nie, en–

(i) ‘n administrateur aanstel totdat ŉ pas verkose Munisipale Raad verkose verklaar is; en

(ii) ŉ voorlopige begroting of inkomste genererende maatreëls of enige ander maatreëls wat aan die herstelplan gevolg gee, goedkeur om vir die voortgesette funksionering van die munisipaliteit voorsiening te maak; of

(c) indien die Munisipale Raad nie ingevolge paragraaf (b)ontbind is nie, verantwoordelikheid aanvaar vir die uitvoer van die herstelplan in die mate wat die munisipaliteit die herstelplan nie andersins kan uitvoer nie of dit nie uitvoer nie.

(6) Indien ŉ provinsiale uitvoerende gesag ingevolge subartikel (4) of (5) in ŉ munisipaliteit ingryp, moet hy ŉ skriftelike kennisgewing van die ingryping voorlê aan–

(a) die Kabinetslid wat vir plaaslike regeringsaangeleenthede verantwoordelik is; en

(b) die betrokke provinsiale wetgewer en die Nasionale Raad van Provinsies, binne sewe dae nadat die ingryping ŉ aanvang geneem het.

(7) Indien ŉ provinsiale uitvoerende gesag die bevoegdhede of werksaamhede bedoel in subartikel (4) of (5) nie kan uitoefen of verrig nie of dit nie uitoefen of verrig nie of dit nie voldoende uitoefen of verrig nie, moet die nasionale uitvoerende gesag in die plek van die betrokke provinsiale uitvoerende gesag ingevolge subartikel (4) of

(5) ingryp.

(8) Nasionale wetgewing kan die toepassing van hierdie artikel, met inbegrip van die prosesse ingestel deur hierdie artikel, reguleer.

[A. 139 vervang by a. 4 van die Elfde Wysigingswet op die Grondwet van 2003.]

Uitvoerende besluite

(1) ‘n Besluit van die Premier van ŉ provinsie moet op skrif wees indien dit–

(a) ingevolge wetgewing geneem word; of

(b) regsgevolge het.

(2) ‘n Skriftelike besluit van die Premier moet deur ŉ ander lid van die Uitvoerende Raad medeonderteken word indien daardie besluit ŉ funksie raak wat aan daardie ander lid opgedra is.

(3) Proklamasies, regulasies en ander instrumente van ondergeskikte wetgewing van ŉ provinsie moet vir die publiek toeganklik wees.

(4) Provinsiale wetgewing kan die wyse waarop en die mate waarin instrumente in subartikel (3) genoem–

(a) in die provinsiale wetgewer ter tafel gelê moet word, spesifiseer; en

(b) deur die provinsiale wetgewer goedgekeur moet word, spesifiseer.

Voorstelle van wantroue

(1) Indien ŉ provinsiale wetgewer by ŉ besluit ten gunste waarvan ŉ meerderheid van sy lede stem ŉ voorstel van wantroue in die Uitvoerende Raad van die provinsie, uitgesonderd die Premier, aanneem, moet die Premier die Raad hersaamstel.

(2) Indien ŉ provinsiale wetgewer by ŉ besluit ten gunste waarvan ŉ meerderheid van sy lede stem ŉ voorstel van wantroue in die Premier aanneem, moet die Premier en die ander lede van die Uitvoerende Raad bedank.

Provinsiale Grondwette

Aanname van provinsiale grondwette

‘n Provinsiale wetgewer kan ŉ grondwet vir die provinsie aanneem of, waar toepaslik, sy grondwet wysig, indien minstens twee derdes van sy lede ten gunste van die Wetsontwerp stem.

Inhoud van provinsiale grondwette

(1) ‘n Provinsiale grondwet of grondwetwysiging mag nie met hierdie Grondwet onbestaanbaar wees nie, maar kan voorsiening maak vir–

(a) provinsiale wetgewende of uitvoerende strukture en prosedures wat verskil van dié waarvoor in hierdie Hoofstuk voorsiening gemaak word; of

(b) die instelling, rol, gesag en status van ŉ tradisionele monarg waar dit gepas is.

(2) Bepalings wat ingevolge paragraaf (a) of (b)van subartikel (1) in ŉ provinsiale grondwet of grondwetwysiging ingesluit word–

(a) moet aan die waardes in artikel 1 en aan Hoofstuk 3 voldoen; en

(b) mag nie aan die provinsie enige bevoegdheid of funksie opdra wat–

(i) buite die bestek van provinsiale bevoegdheid ingevolge Bylaes 4 en 5 val nie; of

(ii) buite die bevoegdhede en funksies val wat deur ander artikels van die Grondwet aan die provinsie opgedra word nie.

Sertifisering van provinsiale grondwette

(1) Indien ŉ provinsiale wetgewer ŉ grondwet aangeneem of gewysig het, moet die Speaker van die wetgewer die teks van die grondwet of grondwetwysiging aan die Konstitusionele Hof vir sertifisering voorlê.

(2) Geen teks van ŉ provinsiale grondwet of grondwetwysiging word wet voordat die Konstitusionele Hof gesertifiseer het dat die teks–

(a) ooreenkomstig artikel 142 aangeneem is; en

(b) in sy geheel aan artikel 143 voldoen nie.

Ondertekening, publikasie en veilige bewaring van provinsiale grondwette

(1) Die Premier van ŉ provinsie moet ŉ provinsiale grondwet of grondwetwysiging wat deur die Konstitusionele Hof gesertifiseer is, bekragtig en onderteken.

(2) Die teks wat die Premier bekragtig en onderteken het, moet in die nasionale Staatskoerant gepubliseer word en tree in werking by die publikasie daarvan of op ŉ latere datum ingevolge daardie grondwet of wysiging bepaal.

(3) Die ondertekende teks van ŉ provinsiale grondwet of grondwetwysiging is afdoende bewys van die bepalings daarvan en moet na die publikasie daarvan aan die Konstitusionele Hof vir veilige bewaring toevertrou word.

Wetsteenstrydighede

Teenstrydighede tussen nasionale en provinsiale wetgewing

(1) Hierdie artikel is van toepassing op ŉ teenstrydigheid tussen nasionale wetgewing en provinsiale wetgewing wat binne ŉ funksionele gebied vermeld in Bylae 4 val.

(2) Nasionale wetgewing wat eenvormig met betrekking tot die land as geheel geld, geniet voorrang bo provinsiale wetgewing indien daar aan enige van die volgende voorwaardes voldoen word:

(a) Die nasionale wetgewing handel met ŉ aangeleentheid wat nie doeltreffend gereël kan word deur wetgewing wat deur die onderskeie provinsies afsonderlik verorden word nie.

(b) Die nasionale wetgewing handel met ŉ aangeleentheid waarvoor eenvormigheid regoor die land vereis word ten einde doeltreffend daarmee te handel, en die nasionale wetgewing voorsien daardie eenvormigheid deur–

(i) norme en standaarde te bepaal;

(ii) raamwerke te bepaal; of

(iii) nasionale beleid te bepaal.

(c) Die nasionale wetgewing is nodig vir–

(i) die handhawing van nasionale veiligheid;

(ii) die handhawing van ekonomiese eenheid;

(iii) die beskerming van die gemeenskaplike mark ten opsigte van die beweeglikheid van goedere, dienste, kapitaal en arbeid;

(iv) die bevordering van ekonomiese bedrywighede oor provinsiale grense heen;

(v) die bevordering van gelyke geleenthede of gelyke toegang tot regeringsdienste; of

(vi) die beskerming van die omgewing.

(3) Nasionale wetgewing geniet voorrang bo provinsiale wetgewing indien die nasionale wetgewing gemik is op die voorkoming van onredelike optrede deur ŉ provinsie wat–

(a) nadelig is vir die ekonomiese, gesondheids- of veiligheidsbelange van ŉ ander provinsie of die land as geheel; of

(b) die uitvoering van nasionale ekonomiese beleid belemmer.

(4) Wanneer daar ŉ geskil is oor die vraag of nasionale wetgewing nodig is vir ŉ doel in subartikel (2)(c) uiteengesit en daardie geskil voor ŉ hof kom om besleg te word, moet die hof die goedkeuring of die verwerping van die wetgewing deur die Nasionale Raad van Provinsies behoorlik in aanmerking neem.

(5) Provinsiale wetgewing geniet voorrang bo nasionale wetgewing indien subartikel

(2) of (3) nie van toepassing is nie.

(6) ŉ Wet wat ingevolge ŉ Parlementswet of ŉ provinsiale Wet gemaak is, kan voorrang geniet slegs indien daardie wet deur die Nasionale Raad van Provinsies goedgekeur is.

(7) Indien die Nasionale Raad van Provinsies nie binne 30 dae vanaf sy eerste sitting nadat ŉ wet na die Raad verwys is, tot ŉ besluit kom nie, word daardie wet vir alle doeleindes beskou as deur die Raad goedgekeur te wees.

(8) Indien die Nasionale Raad van Provinsies ŉ wet bedoel in subartikel (6) nie goedkeur nie, moet die Raad binne 30 dae vanaf sy besluit die redes waarom hy die wet nie goedgekeur het nie, stuur aan die gesag wat die wet na die Raad verwys het.

Ander wetsteenstrydighede

(1) Indien daar ŉ teenstrydigheid is tussen nasionale wetgewing en ŉ bepaling van ŉ provinsiale grondwet met betrekking tot–

(a) ‘n aangeleentheid ten opsigte waarvan hierdie Grondwet spesifiek die verordening van nasionale wetgewing vereis of beoog, geniet die nasionale wetgewing voorrang bo die betrokke bepaling van die provinsiale grondwet;

(b) enige nasionale wetgewende ingryping ingevolge artikel 44(2), geniet die nasionale wetgewing voorrang bo die bepaling van die provinsiale grondwet; of

(c) ŉ aangeleentheid wat val binne ŉ funksionele gebied in Bylae 4 vermeld, is artikel 146 van toepassing asof die betrokke bepaling van die provinsiale grondwet provinsiale wetgewing is wat in daardie artikel genoem word.

(2) Nasionale wetgewing in artikel 44(2) genoem, geniet voorrang bo provinsiale wetgewing ten opsigte van aangeleenthede binne die funksionele gebiede wat in Bylae 5 vermeld word.

Wetsteenstrydighede wat nie opgelos kan word nie

Indien ŉ geskil oor ŉ wetsteenstrydigheid nie deur ŉ hof besleg kan word nie, geniet die nasionale wetgewing voorrang bo die provinsiale wetgewing of provinsiale grondwet.

Status van wetgewing wat nie voorrang geniet nie

‘n Beslissing deur ŉ hof dat wetgewing voorrang bo ander wetgewing geniet, maak nie daardie ander wetgewing ongeldig nie, maar daardie ander wetgewing is nie van krag solank die teenstrydigheid voortduur nie.

Uitleg van wetsteenstrydighede

By die oorweging van ŉ skynbare teenstrydigheid tussen nasionale en provinsiale wetgewing, of tussen nasionale wetgewing en ŉ provinsiale grondwet, moet elke hof voorkeur gee aan enige redelike uitleg van die wetgewing of grondwet wat ŉ teenstrydigheid uitskakel, bo enige alternatiewe uitleg wat ŉ teenstrydigheid tot gevolg het.

The post Hoofstuk 6: provinsies appeared first on Keep It Constitutional.