Oor ons

Oor Keep It Constitutional:

Keep it constitutional help mense om meer oor hulle regte te leer en hoe om die regte te benut.

Die veldtog is daarop gemik om suid-afrikaanse leerders meer oor die grondwet te leer. Die veldtog beoog om mense in Suid-Afrika te help om die basiese beginsels in die grondwet te verstaan. Keep It Constitutional is ‘n opvoedkundige veldtog bestuur deur die menseregte fondasie (Foundation for Human Rights).

 

Waarom is dit belangrik om te weet van jou regte?

Dit is belangrik om van jou regte te weet en hoe om hulle te benut sodat jy nie kwesbaar is vir die misbruik van jou regte. Misbruik van jou regte is ongrondwetlik en teen die wet.

Hoekom is Keep It Constitutional van stapel gestuur?

Navorsing vanaf die FHR toon dat baie min Suid-Afrikaners van die grondwet en hulle regte weet. Die meningspeiling, wat in 2018 bekendgestel was, het bevind dat net oor die 50% van alle Suid-Afrikaners al van die grondwet en die handves van menseregte gehoor het. Die studie het ook gevind dat al het mense van die grondwet gehoor, die meeste nie geweet het wat dit was of hoe dit jou kan help.

Die studie het ook bevind dat die meerderheid van die met kennis oor die grondwet dit op skool geleer het. Dit is waarom Keep It Constitutional gefokus is op hoërkool leerders. Vele van die videos, podcast, webjoernale en lesse op die webwerf is egter geskik vir gebruik vir alle ouderdoms groepe.

Keep It Constitutional verskaf mense inligting oor hulle regte, die breër konteks van die grondwet en hoe om hulle regte te benut.

Deel Op Sosiale Media