fbpx

Gereelde Vrae

10-09-2018

Deel Op Sosiale Media

OOR KEEP IT CONSTITUTIONAL

Wat is Keep It Constitutional?

Keep It Constitutional is ‘n veldtog wat daarop gemik is om almal in Suid-Afrika, maar veral leerders, meer te leer van hulle grondwetlike regte. Die veldtog wil mense help om die regte in die grondwet te verstaan en waarom die grondwet so belangrik is in die Suid-Afrikaanse gemeenskap, deur inligtig by middel van animasie, gereelde webjoernale, en sosiale media te deel.

Die veldtog is geloods deur die Foundation for Human Rights (menseregte fondsasie) en word ondersteun en onderskraag deur die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling en die Europese unie.

Hoekom is die Keep It Constitutional veldtog so belangrik

Meeste mense in Suid-Afrika weet nie wat hulle regte is nie – ‘n onlangse studie het gevind dat amper 50% van alle Suid-Afrikaners nie van die grondwet weet nie. As mense nie oor hulle regte weet nie is hulle kwesbaar vir misbruik. Die Keep It Constitutional veldtog wil mense bemagtig om hulle regte op te eis en om hulle van misbruik te beskerm.

OOR DIE SUID-AFRIKAANSE GRONDWET

Wat is die grondwet?

Die grondwet is die grondslag van all wetgewing in Suid-Afrika. Dit bevat regte beskikbaar vir almal in Suid-Afrika. Almal, insluitend die magtigste mense in die land, moet die grondwet gehoorsaam. Die regering is ook aan die grondwet gebonde. Jy kan meer oor die grondwet hier leer.
here.

Waarom is dit belangrik?

Daar is baie redes waarom die grondwet belangrik is. Dit is die hoogste wet in Suid-Afrika. Dit vertel ons meer van watter tipe land Suid-Afrika wil wees – ‘n land gegrond op die waardes van waardigheid, gelykheid en vryheid, wat fondasie regte is. Dit bevat regte wat mense help om menswaardige lewens te lei, en ander mense, maatskappye en selfs die regering verantwoordelik te hou.

Watter regte is in die grondwet?

Die grondwet bevat ‘n aantal regte, wat insluit die reg op lewe, die reg op gelykheid, die reg op menswaardigheid. Om meer oor die regte in die grondwet te lees, klink click hier.

HOE OM REGSBYSTAND TE VIND

Daar is vele organisasies wat bystand gee sodat mense se regte beskerm kan word. Hulle kontakbesonderhede en hoe om hulle te nader kan hier gevind word.

VIR ONDERWYSERS EN GEMEENSKAPSLEIERS

Watter hulpmiddels is beskikbaar vir onderwysers en gemeenskapsleiers?

Vele van die Keep It Constitutional hulpmiddels is aflaaibaar vir gebruik in klaskamers en in die gemeenskap. Die hulpmiddels sluit in animasies, webjoernale en lesse. Onderwysers en leiers kan die lesse gebruik om die leerders of gemeenskap meer inligting te gee en ook oefening met addisionele inligting oor die verskeie elemente in die grondwet en in ons grondwetlike demokrasie.

Hoe kan ek Keep It Constitutional in my klaskamer benut?

Jy kan die animasie reeks of podcast vir die leerders speel. Jy kan die lesse gebruik of hulle na jou styl aanpas.

Jy kan die leerders ook vertel van die Keep It Constitutional sosiale media veldtogte wat op ‘n gereelde basis nuwe inligting verskaf.

HOE OM KEEP IT CONSTITUTIONAL TE KONTAK

Ons kontakbesonderhede kan hier gevind word.

Hoe teken ek aan om uitsending boodskappe te ontvang?

Voeg die Hou dit Grondwetlik tot jou kontak lys en stoor ons nommer +27 676 176 0831. Stuur vir ons ‘n WhatsApp boodskap of ‘n SMS met jou naam, van en die woord OPDATEERING en ons sal jou op ons uitsending lys voeg.

Jy sal nie hierdie boodskappe ontvang as jy nie ons nommer gestoor het nie!

Vind meer uit hier.

Wat as ek ‘n vraag het?

Stuur vir ons jou vraag via WhatsApp op +27 76 176 0831 of op Facebook.

Elke Dinsdag tussen 16:00-16:30 sal ons vrae beantwoord oor die Suid Afrikaanse Grondwet en jou regte.

Elke Donderdag tussen 16:00-16:30 sal ons jou vrae oor die episode wat daardie Maandag vrygestel is antwoord.

Vind meer uit hier.

Wat is die Hou dit Grondwetlik se WhatsApp nommer?

Ons nommer is +27 76 176 0831 – Stoor dit asseblief op jou foon!

Vind meer uit hier.

Hoekom moet ek die nommer in my kontaklys berg?

Dit is nodig om die Hou dit Grondwetlik nommer in jou adresboek te stoor sodat jy boodskappe van ons kan ontvang. Ons gebruik WhatApp vir Besighede en kan dus nie boodskappe stuur aan iemand wat nie ons nommer gestoor het op hulle foon nie. Dit voorkom besighede om boodskappe te stuur en gemorspos na mense te stuur wat nie opgeteken het om boodskappe te ontvang nie.

Vind meer uit hier.